ZINIO前
探索我的图书馆
新闻与政治
Rapport

Rapport 9/20/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

阅读更多
国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
出版周期:
Back issues only
购买期刊
HK$10.50

本期

4
‘die polisie het speurder gefaal’

Die polisie het nie genoeg gedoen om een van die Kaap se topspeurders, wat Vrydag voor sy huis in ’n sluipmoordaanval vermoor is, te beskerm nie, het die minister van polisie, Bheki Cele, gister gesê. Hy het langer as ’n uur saam met die familie van lt.kol. Charl Kinnear in hul huis in Bishop Lavis deurgebring voordat hy buite die huis met joernaliste gepraat het. Kinnear is Vrydagmiddag vyf keer voor die huis geskiet deur ’n aanvaller in ’n rooi sweetpaktop. Bure van Kinnear het die man agternagesit, maar hy het weggehardloop. Kinnear, ’n lid van die Kaapse teen-bende-eenheid, was een van die land se topspeurders wat aan verskeie hoëprofielsake gewerk het. Rampokkers in die Kaapse onderwêreld het hom gereeld met die dood gedreig. Verlede jaar het ’n hit list uitgelek waarop sy…

3
gooi eerder ekonomie, landsgrense totaal oop

’n Regering soos ons s’n, wat in April bepaal het of Suid-Afrikaners braaihoender mag eet, in Mei gesê het watter skoene jy mag koop, en in Augustus volhard het met ’n tabakverbod, sou nooit in ’n aankondiging oor die oopstel van die landsgrense skielik begin het om hom te steur aan wetenskaplike advies nie. Dié advies, so verstaan Rapport, was dat dit nie sin maak om slegs besoekers uit sekere lande hier toe te laat nie. Tog is Vrydag aangekondig dat reisigers na en van sekere lande met ’n hoë infeksiekoers steeds verbied sal wees in regulasies wat in die komende dae gepubliseer sal word. Diegene vir wie dit klink na ’n veilige manier om toeriste na ons pragtige land te lok sodat hulle hier dollars en ponde, rials, roebels en roepees kan…

1
kontak ons

Teken in: 087 353 1300. SMS “Rapport” na 31069. Intekenare-navrae: 087 353 1300. (Maandag tot Vrydag: 07:00-16:30. Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae: 07:00-11:00.) SMS “diens” na 31069. E-pos: intekenare@media24.com WhatsApp: 087 353 1333 Waar kry ek Rapport? 087 741 3137 Nuuswenke: 011 713 9633 of 021 406 3228 E-pos: nuus@rapport.co.za Klagtes oor stories: Alet Wichmann 011 713 9682.alet@media24.com Redakteur: Waldimar Pelser 011 713 9633 of 021 406 3228 waldimar.pelser@rapport.co.za Nuus- en Sakeredakteur: Erika de Beer 011 713 9633 of nuus@rapport.co.za Sportredakteur: Albert Weideman 011 713 9671 of albert.weideman@rapport.co.za Beleef: Alet Wichmann 011 713 9682 of alet@media24.com Weekliks en briewe: Pieter Malan 021 406 3514 of pmalan@rapport.co.za…

2
afriforum kan onteienplan weer kelder

AfriForum kan die ANC se plan om art. 25 van die Grondwet te wysig heeltemal laat ontspoor met sy hofaansoek teen die eerste fase van die proses wat Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor is. As AfriForum sy sin kry, kan die hof die proses nietig verklaar wat reeds vroeg in 2018 in die parlement begin het. AfriForum vra die hof om ’n verslag van die konstitusionele hersieningskomitee wat op 15 November 2018 aan die Nasionale Vergadering voorgelê is, nietig te verklaar. Die verslag beveel aan dat die Grondwet gewysig word om uitdruklik voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding. Die verslag is volgens AfriForum ongeldig omdat die komitee versuim het om sowat 180 000 skriftelike voorleggings wat deur sy lede aan die hersieningskomitee voorgelê is, te oorweeg. Uitnodigings aan die publiek om…

3
mbali ntuli maak reg om te spring

As Mbali Ntuli nie tot leier van die DA verkies word nie, lyk die kanse ál groter dat sy ook uit die party sal bedank. Ntuli, ’n LPW in KwaZulu-Natal, is al 14 jaar ’n lid van die DA, maar teiken haar eie party al hoe meer in die openbaar. “Ek dink nie iemand moet ooit voel dat hulle gebonde is aan ’n party nie,” het Ntuli Woensdag aan Newzroom Afrika gesê. “Waaraan jy gebonde moet wees, is ’n doel, en daardie doel is om seker te maak Suid-Afrika werk. “As ek sien die party se leierskorps slaan ’n ander rigting in as wat ek dink nodig is om dít te bereik, dan voel ek binne my regte om te loop. “Dit sal nie wees omdat ek die verkiesing verloor het nie, dit sal wees…

1
jóú naam dalk ook op ‘hit list’

Vervolg van bl. 1 Kinnear se vrou het gister gesê haar man het vir sy werk gelewe en tot die bitter einde volgehou. Sy het haar gestorwe man se kollegas aangespoor om vas te staan en nie afgeskrik te word deur haar man se dood nie. Sy en haar seuns was nog altyd bang dat booswigte hulle sou probeer bykom. Haar man het sy seuns egter geleer dat as jy vir niks in die lewe staan nie, jy vir enigiets val. Senior polisielede het gesê hulle neem die minister se beloftes maar met ’n knippie sout. Een speurder met meer as 35 jaar ervaring het gister wrang aan Rapport gesê: “Só word een ná die ander uitgewis of verlaat die diens. Daar’s geen backup om ons te beskerm nie. Geharde misdadigers voltooi hul…