ZINIO前
探索我的图书馆
新闻与政治
Rapport

Rapport 9/27/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

阅读更多
国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
出版周期:
Back issues only
购买期刊
HK$11.11

本期

6
só kies cele kant teen die boere

Kort ná ’n dubbele plaasmoord in die noorde van KwaZulu-Natal ’n maand gelede het Bheki Cele, minister van polisie, op ’n vergadering na boere se probleme geluister, “sy hoed afgehaal”, en belowe om met oplossings terug te kom. Maar in plaas daarvan het hy gemoedere met sy uitbarsting op ’n imbizo Maandag verder opgesweep, sê wit, swart en Indiërboere by wie Rapport op hul plase besoek afgelê het. “Hy motiveer die slegte mense om by goeie mense te steel en hulle te vermoor. As mense aanhou om boere so te vermoor, gaan die kos opraak. Hongersnood kom,” sê Sipho Hadebe (62), wat sedert 1998 in die Normandien-omgewing boer. Dit is waar Glen en Vida Rafferty op 29 Augustus op hul plaas, Hanover, doodgeskiet is. Siyabonga Goodman Macu (29) doen môre in die landdroshof op Newcastle…

2
geen rede vir inperk oor covid se ‘2de golf’

Toe pres. Cyril Ramaphosa in Maart ’n grendelstaat van drie weke aangekondig het, was betroubare Covid-19-data nog bra skrams. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het geglo 3,4% van mense wat die virus opdoen, sterf. Dié syfer, asook sprake van massagrafte oorsee, het paniek gesaai. Baie lande het inderhaas inperkings ingestel – iets wat nog nooit deur die WGO as ’n geskikte maatreël teen pandemies beskou is nie. Suid-Afrika se inperking was een van die strafstes. Miljoene Suid-Afrikaners, veral armes wat nie die opsie gehad het om van die huis af te werk nie, is verbied om te werk, om sterwende familie te besoek, om te rook en drink, om buite te oefen, en om braaihoender of skoene met oop tone te koop. Baie mense het dit gelate aanvaar. ’n Groep wetenskaplikes het immers pas gewaarsku dat…

2
cyril se slagpale tjop ook af

’NVleisverwerkingsaanleg in Witbank waarvan pres. Cyril Ramaphosa die enigste direkteur is, het sy deure tydelik weens “swak marktoestande” gesluit. Ben Molotsi, bedryfshoof van ’n groep filiale waaronder Witbank Meat Processors val, sê die onderneming het verlede Vrydag tydelik toegemaak omdat daar ’n tekort is aan beeste “teen die regte prys”. Die aanleg slag en verwerk beeste van Ramaphosa se plaas Ntaba Nyoni, naby eManzana (Badplaas), in Mpumalanga, sowel as beeste wat van ander voerkrale afkomstig is. Ramaphosa is die direkteur van die onderneming waar hy in belang van die familietrust optree, sê Molotsi. Hy sê Ramaphosa se belang in die onderneming is in die parlementêre register van ledebelange verklaar as deel van sy beesboerdery. Luidens die kommissie vir maatskappye en intellektuele eiendom se databasis is Ramaphosa die enigste direkteur van die onderneming. Volgens Molotsi is…

1
in vrede rus? g’n kans nie . . .

Bo: President Donald Trump en Melania Trump, sy vrou, Donderdag by die kis van die ontslape regter Ruth Bader Ginsburg op die trappe van die Amerikaanse federale hooggeregshof in Washington, DC. Sy is verlede Vrydag dood. Trump sou na verwagting gisteraand die Demokrate die harnas in jaag deur die konserwatiewe regter Amy Coney Barrett (regs) te benoem om Ginsburg te vervang. As die senaat Barrett se benoeming bekragtig, sal die konserwatiewe meerderheid in dié hooggeregshof tot ses regters teen drie toeneem. Trump het die afgelope week liberale sowel as konserwatiewe Amerikaners na hul asem laat snak toe hy in stryd met dié land se tradisies gesê het hy sal geen nederlaag in die presidentsverkiesing op 3 November aanvaar wat veroorsaak word deur posstemme vir sy opponent, Joe Biden, nie. Miljoene…

2
da-debat in 2015 ‘welkom’, nou verbied

DA-amptenare in die kamp van Mbali Ntuli sê die party se besluit om haar versoek te weier vir ’n openbare debat met John Steenhuisen gaan haar veldtog nadelig beïnvloed. Boonop mag Ntuli en Steenhuisen, die kandidate vir die DA-leierskap, ook nie meer hul veldtog in die media voer nie. “Hierdie besluit is ook voordelig vir John,” sê ’n DA-LPW wat Ntuli ondersteun en op voorwaarde van anonimiteit praat. “Ons glo nie John sal sy posisie as tussentydse leier misbruik om sy veldtog so te voer nie, maar dis ’n feit dat die tussentydse leier baie meer aandag in die media kry as ’n LPW.” Ntuli is ’n LPW en die DA se woordvoerder vir die departement van samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal. Die DA se federale raad, die party se hoogste struktuur…

3
da nog twee provinsiale leiers kwyt, maar hulle ‘bly aan’

Nog twee provinsiale leiers van die DA het aangedui hulle is nie meer beskikbaar om in hul poste herkies te word nie, hoewel albei aanbly in die party. Joe McGluwa, DA-leier in Noordwes, en Patricia Kopane, DA-leier in die Vrystaat, het op Facebook geskryf dat hulle ná twee termyne van vier jaar as provinsiale leiers voel die tyd is ryp vir “vars idees”. Die aankondiging volg kort nadat die KwaZulu-Natalse leier van die DA, Zwakele Mncwango, bekend gemaak het dat ook hy nie weer verkiesbaar sal wees nie. Hy wil sy studie voortsit. John Moodey, Gautengse DA-leier, het vroeër vandeesmaand uit die party bedank en onder meer die verkiesing van Helen Zille tot voorsitter van die DA se federale raad en ’n dissiplinêre klag teen hom as redes voorgehou. Die DA se federale…