Rapport

Rapport 10/18/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

阅读更多
国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
出版周期:
Back issues only
HK$11.97

本期

2
regstelling ja, maar nie weer ’n rasregister

Die geskiedenis is ryklik besaai met voorbeelde waar rasseklassifikasie nie net onwerkbaar geblyk het nie, maar dikwels die begin van groot onheil was. Die apartheidsregering het in sy vasberadenheid om almal te klassifiseer ondenkbare vernedering en pyn veroorsaak. Die potloodtoets sal altyd ’n simbool van dié absurde en immorele hoeksteen van apartheid bly. Want hoe klassifiseer jy mense wat nie geklassifiseer wil word nie? Dit was ’n groot stap vooruit toe die Bevolkingsregistrasiewet in die 1990’s uiteindelik afgeskaf is. Daarmee is ’n groot stuk skande stopgesit. Dit het ook die basis tot niet gemaak op grond waarvan die apartheidsregering wit mense dekades lank bevoordeel en die res agtergelaat het. Aan dié geskiedenis is amptenare by die Wes-Kaapse departement van onderwys die afgelope week op ’n onaangename manier herinner toe hulle probeer het om ’n onderwyser…

7
linkses is gek!

Die verdelingslyne in Amerika strek dieper as ooit en geen politieke party het enige idee hoe om dit te oorbrug nie, skryfJaco Kleynhans. In die vroeë oggendure van Woensdag 9 November 2016, by die Javits-konferensiesentrum in New York, het daar ’n gees van ongeloof en verslaenheid geheers. Honderde ondersteuners van Hillary Clinton wat vir haar oorwinningstoespraak opgedaag het, moes op groot skerms toekyk hoe die een televisienuuskanaal ná die ander aankondig dat Donald Trump tot president verkies is. Een Clinton-ondersteuner het aan ’n televisienuusaanbieder gesê: “Wie is hierdie mense wat vir Trump gestem het? Ek ken nie een van hulle nie!” Verdeeldheid in die VSA was nog altyd deel van die politieke, ekonomiese en maatskaplike landskap. Selfs voor onafhanklikwording in 1776 was daar ernstige verdeeldheid, wat oor die jare heen op verskillende maniere…

3
regering gaan emigrante se aftreegeld hou

Suid-Afrikaners wat geëmigreer het of beplan om te emigreer, sal moet spring om binne vier maande alle vereistes vir finansiële emigrasie na te kom as hulle wil verhoed dat die regering hulle vir minstens drie jaar toegang belet tot aftreegeld wat hulle nog in Suid-Afrika het. Ondanks verskeie belastingadviseurs se besware daarteen, het die tesourie die week gesê die bepaling soos vervat in die konsepwysigingswet op belastingwette wat in Julie vir kommentaar gepubliseer is bly, sê Jonty Leon, ’n regskenner van die belastingadviesmaatskappy Tax Consulting. Leon sê as iemand finansieel emigreer en nie beplan om na Suid-Afrika terug te keer nie, word hulle nie meer as ’n belastinginwoner gereken nie. Dít behels ’n sogenaamde “beëindigingsbelasting” en word bereken as-of jy van ’n bate hier ontslae geraak het waarop kapitaalwinsbelasting betaalbaar is. “Dis te…

4
toelaes en staatsdiens slurp al ons geld op

Vir elke R10 wat die regering bestee, gaan meer as R3 aan toelaes, meer as R3 aan die vergoeding van staatsamptenare en sowat R1 om skuld te betaal. Net sowat R3 is beskikbaar vir goedere, dienste en infrastruktuur, sê die presidensiële ekonomiese adviesraad in ’n verslag wat vroeër die maand aan die president oorhandig is. Maatskaplike toelaes, staatsdienssalarisse en skulddienskoste neem geld weg van belangrike staatsfunksies soos die verskaffing van medisyne, handboeke en brandstof vir byvoorbeeld polisievoertuie, lui die verslag. Die regering se plan om skuld in bedwang te bring deur onder meer besparings en besnoeiing op die salarisrekening is ’n sleutelaspek van die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) wat Tito Mboweni, minister van finansies, later vandeesmaand aan die parlement sal voorlê, sê kenners. Die regering wil sy skuldvlak teen 2023-’24 op 87% van die BBP stabiliseer…

5
simson van suide

Hierdie eertydse Simson van die rugbyveld met sy welige bos hare en baard is deesdae byna onherkenbaar skoon geskeer, met stoppelbaard oor die wange. Waar ’n mens verwag dat hy teen dié tyd vanselfsprekend sy kragte as veelsydige voorspeler van ouds ingeboet het, is dit die verswakking van sy geheue wat opval. “Name is ek sleg mee,” maak hy vroeg in die onderhoud reeds verskoning. Óók oor die katarakte wat hy laat verwyder het, wat sy oë nou rooi en seer laat lyk, maar William “Balla” Croy sien in sy geestesoog sy eie onvergeetlike oomblikke op die rugbyveld steeds baie helder. Dit is 40 jaar gelede. 1980. Esselenpark-stadion in Worcester in die Wes-Kaap. In die kompetisies van die destydse SA Rugby Union (SARU), onder die vaandel van die nierassige Sacos, word daar vir…

2
protea-breier verlig oor spanne se peil

Dankie tog, daar is nie meer wegholoorwinnings nie. Dit is in ’n neutedop Dorette Badenhorst, Protea-hoofafrigter, se siening ná die eerste paar dae van mededingende netbal in die Nasionale Liga. Badenhorst is die enigste toeskouer wat in die bioborrel in die Mangaung-sentrum in Bloemfontein toegelaat word. Sy sê die wedstryde is mededingend en die standaard is ook hoog in Afdeling B. Die Wes-Kaapse Tornadoes en die Kingdom Queens van KwaZulu-Natal het vandeesweek hul debuut in Afdeling B gemaak. Die Noord-Kaapse Diamonds het Vrydag hul eerste oorwinning in jare behaal toe hulle die Baobabs (Limpopo) met 36-31 geklop het. Die Diamonds het gister weer geskitter en die Queens met 44-40 geklop. Ook die Aloes, wat gerelegeer is, is ’n goeie span, sê Badenhorst. Die Oos-Kapenaars het Vrydag naelskraap met 30-31 teen die Sun-birds van Mpumalanga vasgeval. Badenhorst sê van die…