ZINIO前
探索我的图书馆
新闻与政治
Rapport

Rapport 10/25/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

阅读更多
国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
出版周期:
Back issues only
购买期刊
HK$11.11

本期

5
fopnuus fnuik hulp aan boere

Fopnuus oor vragmotors met noodvoer aan boere in brandgeteisterde distrikte wat kwansuis deur brandstigters geteiken word, is besig om broodnodige hulp aan dié gebiede te beduiwel. Landbouleiers sê die video’s, foto’s en boodskappe doen geweldig skade en sit gemeenskappe waar die gemoedere reeds hemelhoog loop, onnodig op hol. Verder maak dit sake soveel moeiliker om hulp te kry by boere wat bykans alles verloor het. Na raming is minstens 200 000 ha veld die afgelope week in verskeie brande verwoes wat oor ’n uitgestrekte gebied in die Wes-Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes gewoed het. Minstens een van die brande, die een by Hertzogville in die Vrystaat, is gestig deur betogers wat skynbaar willens en wetens ’n brandende JoJotenk die veld ingerol het. Die voorval volg enkele dae nadat die EFF-parlementslid Mbuyiseni Ndlozi tydens die…

2
hou kop – deur by die harde, koue feite te hou

’n Jong boer word by Paul Roux in die Vrystaat vermoor. Ons kollektiewe spanningsvlak skiet op na 7 uit 10. Die EFF dreig met “aanvalle” op wit boere by die moordverdagtes se tweede verskyning. Spanningsvlak: 8. Later lei die EFF-leier Mbuyiseni Ndlozi ’n skare in die sing van die strydlied “Bizani iFirebrigade”, waarvan die woorde onder meer lui: “Bel die brandweer / brand hierdie Boere”. Spanningsvlak: 9. Binne dae, of in antwoord op Ndlozi, brand talle plase: Na raming is minstens 200 000 ha veld die afgelope week in verskeie brande verwoes oor ’n uitgestrekte gebied in die Wes-Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes. Minstens een van die brande, by Hertzogville in die Vrystaat, is gestig deur betogers wat blykbaar willens en wetens ’n brandende JoJo-tenk die veld ingerol het. Spanningsvlak: 10 . . . Wat die vlak…

4
sy voel soos ’n sampioen, sê kieser in vsa

‘Hulle hou my in die duister en voer my kraalmis of ek ’n sampioen is.” Dis wat ’n onseker kieser, Paulette van Pennsilvanië, in ’n fyn uitgesoekte fokusgroep van die twee kandidate in die Amerikaans presidentsverkiesing dink ná Donderdagaand se TV-debat tussen Donald Trump en Joe Biden. “Ek het gedink Biden gaan vanaand vir ons vertel hoe hy die groot dinge gaan doen wat hy belowe, maar daar was niks daarvan nie,” het Paulette gesê in antwoord op vrae van Frank Luntz, een van Amerika se voorste peiling-spesialiste. Luntz, wat vroeër baanbrekerswerk met peilings vir die Republikeine gedoen het, het die 14 deelnemers aan die fokusgroep sorgvuldig gekies uit ’n halfmiljoen kiesers wat nog nie besluit het vir wie hulle gaan stem nie. Die groep is só saamgestel dat sy lede verteenwoordigend is…

4
dis john vs. mbali (jy’s nie genooi nie)

Alle paaie lei volgende naweek na Zoom vir die DA se aanlyn federale kongres, waarop die party nuwe permanente leiers kies. Terwyl John Steenhuisen, tussentydse leier, die gunsteling is om Saterdag as permanente leier verkies te word, het sy opponent, Mbali Ntuli, Donderdag op die nipper ’n toespraak gekanselleer waarin sy haar kandidatuur nie net aan DA-lede wou bemark nie, soos die DA-reëls vereis, maar ook aan die breë publiek. Ntuli, LPW in KwaZulu-Natal, het Donderdagoggend aangekondig dat sy dié toespraak, ’n “town hall” wat op sosiale media uitgesaai sou word, “moes” kanselleer nadat die party se kiesbeamptes ’n uitspraak daaroor gemaak het. “Die beslissing was om die toespraak te beperk tot slegs DA-lede, wat indruis teen die gees van my begeerte dat ander Suid-Afrikaners ook kan aansluit,” het Ntuli Donderdagmiddag getwiet. “Ek…

1
maimane ’n dogter ryker

Mmusi Maimane, hoofaktivis by die One South Africa Movement en oudleier van die DA, het weer pa geword. Maimane het gister op Twitter aangekondig dat sy vrou die lewe geskenk het aan hul derde kind. Die babadogtertjie se naam is Kutlwano-Grace. “Ons dank God vir hierdie geskenk van lewe. Ek is weer ’n pa,” het Maimane gesê. Maimane en sy vrou, wat in 2005 getroud is, het twee seuns, Kgalaletso en Daniel Kgosi. Dit was Vrydag presies ’n jaar sedert Maimane uit die DA bedank het. Hy het op Twitter oor sy tyd in die DA geskryf: “My vel gloei, en my kop is skoon. Ek het vrede en ek het tyd gehad om oor my politieke reis tot dusver na te dink.” Maimane het gesê hy dink steeds dit was die regte besluit om destyds in…

2
blomme ’n jaar ná sterftes by voëlklip

Etienne Scheepers en die nuwe vrou in sy lewe het Donderdag blomme gaan neersit by Voëlklip in Heroldsbaai, waar sy vrou, Heidi (35) en hul twee kinders ’n jaar gelede tragies gesterf het. Die 35-jarige ma en haar kinders, Cozette (6) en Hugo (2), het op 22 Oktober 2019 vermis geraak. Kort hierna is haar silwer VW Caravelle onderaan die voet van ’n krans by die gewilde uitkykpunt gevind. Hugo, steeds vasgemaak in sy rystoeltjie, was in die see naby die motorwrak. Sy ma se liggaam is vier dae later in die see naby die vakansiedorp gekry, maar Cozette is nooit gevind nie. Die afgelope Donderdag het ’n klein groepie mense ’n blommeruiker naby die krans geplaas. Onder die krans het die see woes gemaal, maar dieper die see in het twee dolfyne…