Weg!

December 2021 - January 2022

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
出版周期:
Bimonthly
HK$35.14
HK$158.11
6 期号

本期

2
buitengewone suid-afrikaanse plekke om te besoek

The Blue Train Pretoria tot Kaapstad Vanaf die Jakarandastad tot Jou Ma Se-stad, hierdie rit is een vir die boeke. Konings, presidente en bekendes het al die manjifieke, 5-ster hotel op wiele na hartelus geniet, tesame met ‘gewone mense’ wat smag na ’n happie van die luukse lewe. Een ding is waar, daar is niks eenvoudig omtrent hierdie blou juweel nie. Gat-in-die-muur Koffiebaai, Oos-Kaap Volgens die legende, het ’n pragtige meisie van die land verlief geraak op een van die See Mense. Haar pa het dit glad nie goedgekeur nie. Die See Mense het toe besluit om die twee verliefdes ’n kans te gee om saam te verdwyn, deur ’n hengse vis te gebruik en ’n gat deur die rots te slaan. Dalk het hierdie liefdesverhaal jou ’n gat in die kop gepraat om die…

wegza2112_article_007_01_01
1
see, sand en voorspoed

Onlangs stap vriende van my een van die skofte van die Kruger Trail, omtrent 100km in ’n week waar ’n mens die wildernis op sy primitiefste ervaar. Dis net jy en jou stapmaats – omring deur duisende wilde diere – wat dag vir dag met groot omsigtigheid deur ongerepte veld beweeg. Die roete, nou hoog op my al langer wordende moetdoenlysie, laat ’n mens wonder hoe dit gekom het dat ons spesie so dominant op aarde geword het. Ons is nie so sterk soos ’n leeu, so groot soos ’n olifant of so vinnig soos ’n jagluiperd nie. Miere, bye, wildehonde en bobbejane het – nes ons – ook die vermoë om saam te werk. Die kenners sê dit was die mens se unieke manier om taal te gebruik. Nie net om…

wegza2112_article_008_01_01
2
agter die skerms

Hoeveel kee- het die teëspoed jou al ge-y? As ek vinnig tel, was daar 13 gevalle, van vassit op ’n modderige grondpad tussen ’n trop olifante in die wildtuin (vir twee ure!) tot ’n petroljoggie op Bitterfontein wat per ongeluk petrol in my dieselvoertuig gegooi het. Watte- geval was die angswekkendste? In 2011 het ek ná swaar reën buite Patensie op ’n plaas met ’n Suzuki Jimny gery. Die pad het ingegee en ek het met voertuig en al teen ’n heuwel afgerol en op die dak te staan gekom. Gelukkig het ek nie vinnig gery nie. Die boere raak knorrig as jy vinniger as 20 km/h tussen hulle lemoene ry en dus was daar geen ernstige beserings nie. En die snaaksste een? Terwyl dit gebeur, is dit natuurlik glad nie snaaks…

wegza2112_article_008_02_01
5
briewe

Droomland toe in ’n doringboom Ek het hierdie luiperd in September 2021 by die Bedinktwatergat noord van die Nossob-ruskamp in die Kgalagadioorgrenspark afgeneem. My vrou, Lize, het voëls in die bome gesoek en ek het die takke gefynkam en my verbeel ek sien iets beweeg – dalk die kwispel van ’n stert? Ek het met my selfoon ingezoem en sowaar! Die luiperd was vas aan die slaap en goed gekamoefleer. WILLIE TRAUT, DWARSKERSBOS Beplan jou eie toer na die Kgalagadi met die nuwe Weg Kalahari-reisgids (R112). Dis propvol idees vir ’n lekker Kalahari-vakansie binne én buite die park. Die tydskrif is nou in supermarkte beskikbaar en jy kan ook ’n kopie bestel by yumna. tofey@media24.com Speel kese met knikkers? Ons het by die Letabarivierbrug in die Krugerwildtuin gestop om tee te drink. Ons kon egter…

wegza2112_article_014_01_02
3
v&a

RIAAN HAMMOND van Hartenbos skry-: Ek het hierdie olifantgesin onlangs in die Krugerwildtuin afgeneem. Die een olifant het ’n groot gat op haar voorkop –wat het gebeur? Die wildkenner L.D. VAN ESSEN antwoord: Dis moeilik om onomwonde te verklaar wat die gat in die olifantkoei se gesig veroorsaak het. Dit kan ’n aangebore defek wees, maar dit kon ook moontlik gevorm het as gevolg van ’n besering wat septies geraak het of ’n abses. Dié spesifieke olifantkoei is in 2009 die eerste keer in die Umbabatnatuurreservaat langs die Krugerwildtuin aangeteken. Sy was toe ’n halfvolwassene, wat beteken dat sy al ouer as 12 jaar is. Sy is in 2019 met ’n kalf gesien, heel moontlik die olifant heel regs op die foto. Haar kondisie is goed. Die gat sal nie haar vermoë om…

wegza2112_article_018_01_01
1
glanskamp in grootvadersbosch

Die Grootvadersbosch-natuurreservaat het vyf nuwe glanskamptente opgerig, elkeen met ’n uitsig oor ’n inheemse woud en die Langeberg. Op mooiweersdae kan jy al die seile oprol en voel dit kompleet asof jy buite lewe. Voëlgesang is volop: Piet-my-vrou, gewone willie, grootrooibandsuikerbekkie... En as die weer draai, rits jy alles toe en speel kaart om die tafel. (Wenk: Augustus kan winderig wees; bespreek dan liefs ’n huisie). Die ten volle toegeruste selfsorgtente is keurig ingerig en het slaapplek vir drie volwassenes, of twee volwassenes en twee kinders op ’n slaapbank en kampbedjie. Die tentkamp is gebou in ’n ooptetjie aan die rand van die woud. Dié kol was voorheen twee private kampstaanplekke. In pas met Kaapse Natuurbewaring se verbintenis tot meer volhoubare boupraktyke is dié bestaande badkamers in twee van die tente ingebou: Boekenhout…

wegza2112_article_024_01_01