Weg! Platteland

Somer 2021-22

Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
出版周期:
Quarterly
HK$37.09
HK$120.54
4 期号

本期

2
is dit tyd om te trek?

Oor die afgelope 8 jaar sedert Platteland se ontstaan het ons danksy die tydskrif op vele plekke reg oor die land uitgekom. Wat ’n voorreg en plesier! Hoevéél keer al het ’n dorpie ons bekoor: Kaapsche Hoop, Albertinia, Rooiberg, Soutpan, Nottingham Road, Nieu-Bethesda, Biesiesvlei, Vanwyksdorp, Barberton, Val, Nieuwoudtville, Bloemfontein… (Toemaar, dis net ’n grappie.) Die lys is eindeloos. Die bekoring, het ons agtergekom, het meestal te make met die mense wat daar woon, maar dis die beskikbaarheid van water wat die hart laat vermurwe. Dis maar hoe dit gaan met plantliefhebbers, tuiniers en groentetuinmakers. (Goed, Askham en Soutpan het ander bates!) Ieder geval, so kruip die dorpies in ons hart, een ná die ander. Maar nog nooit het ’n plek ons voete so onder ons uitgeslaan soos Swellendam nie – selfs al…

f0004-01
11
vertelons

wen-brief 78 en ons woel in die tuin! Ek en my vrou is albei 78 jaar oud. Twee jaar gelede het ons van Pretoria af Kaapstad toe verhuis en ’n nuutgeboude huis met ’n “rou” erf betrek. Die foto’s wys hoe dit nou lyk – al die werk is deur onsself gedoen, sonder enige gehuurde arbeid. Ons oes reeds koejawels, druiwe, aarbeie, uie, wortels, beet, grenadellas, blaarslaai en spinasie, ertjies, boontjies, tamaties en suurlemoene. Die papajas en swartbessies is in aantog. Saam met die huis was daar ’n gryswaterstelsel – ek het pype na die bome en struike aangelê. Ek het ook onlangs twee 1000 l-water watertenks geïnstalleer wat nou al altesame meer as 1 100 l reënwater bevat. Ons stuur ’n paar foto’s om te wys enigiemand kan tuinmaak – selfs twee old chronies…

f0006-01
7
nuus & dagboek

Pioeniers van die Karoo Pioenrose word in enige tuin beskou as die ster: koninklik en gewoon asemrowend. Maar dié statige dame is ook vol nukke en weet presies waarvan sy hou: goeie son met ’n bietjie koelte – nie te veel nie – en ook nie té diep geplant nie. Hulle het menige gesoute tuinier al laat wonder oor hulle eie groen vingers… Vir twee OosKaapse sakevroue was hierdie ’n uitdaging wat hulle met doelgerigtheid, geduld en deursettingsvermoë aangepak het – en vanjaar is dit sulke tyd: hulle heel eerste blomseisoen! Ansuné Asher en René Harris het hulle blommereis in 2018 op die plaas Tafelberg Hall buite Middelburg begin. “Ons het besluit om iets te begin waarin ons albei belang stel – en wat is dan nou beter as blomme!” sê Ansuné. “Ons…

f0010-01
3
dinge vir jou dagboek*

WES-KAAP Gansbaaise Kersmark 6-22 DESEMBER Hier is nie minder nie as 140 stalletjies, wat beteken jy kan seker wees jy gaan vir elkeen op jou Kerslysie iets besonders en spesiaals uitsnuffel. Waar? Pretoriussaal, Hoofweg, Gansbaai. Kontak gansbaai.kersmark@telkomsa.net 083 793 0972 Stellenboschstraatsoirees 2021 8 DESEMBER Klink ’n glasie wyn saam met die inwoners van die Eikestad wanneer die immergewilde straatsoirees terugkeer. Geniet lewendige vermaak, wynproeë en heerlike kos. Kaartjies R150 p.p. by plankton.mobi Waar? Drostdystraat, Stellenbosch. Kontak visitstellenbosch.org Meesterklas in medisinale kruie GREYTON 18 DESEMBER Geniet ’n opvoedkundige staptog saam met Trish Taylor, ’n geregistreerde kruiedokter. Ingesluit is ’n heerlike piekniekmiddagete in die natuurreservaat… mét ’n glas wyn daarby. Kaartjies R350 p.p. by quiket.co.za Waar? Greyton-natuurreservaat. Kontak studio@liferetreat.co.za OOS-KAAP It’s Gin o’clock-jenewerproe MIDDELBURG 10 DESEMBER Dié geleentheid hoort in enige jenewer-liefhebber se dagboek! Dit beloof om ’n heerlike ervaring te wees met die KWV se jenewerhandelsmerke Cruxland en Imagin Gin. Kaartjies R100 p.p. vir die jenewerproe en R145…

f0014-07
2
lekker somerdoendinge

Maak jou eie Kerskrans FRANSCHHOEK 8-9 DESEMBER Loop saam met Babylonstoren se blommekunstenaar Constance Stuurman deur die “tuin van Eden” en vul jou mandjie met saadkoppe, blomme en blare. Daarna leer sy jou in ’n handwerksessie om jou eie krans te maak. Slegs 15 plekke per klas is beskikbaar – spring dus gou! Kaartjies R500 p.p. Waar? Babylonstoren, Franschhoek (op die Klapmuts-Simondiumpad). Kontak babylonstoren.com Teen die stroom op MIDDELBURG, OOS-KAAP 10-11 DESEMBER Hoewel die meeste gewone sterflinge ’n tradisionele seeof woonwavakansie geniet, verkies sommige om eerder téén die stroom te beweeg. Wat is nou beter vir ’n avontuurlustige gesin of groep avonturiers as ’n blaaskans in die Karoo, met die witwaters van die Groot-Brakrivier reg by jou. Waar? By die Karoo River Rafting & Cabins-oord op die plaas Riverview, Middelburg. Kontak karoo-river-rafting.co.za info@karoo-riverrafting.co.za Moeder Natuur is jou spens PRINS ALBERT 10-12 DESEMBER Sorg vir die natuur… en…

f0015-19
3
tyd vir boekevat

Huiskos deur Herman Lensing Herman Lensing is een van bittermin kosskrywers ter wêreld, indien nie die enigste nie, wat op 34 sy sesde kookboek bekend stel. Die titel en subtitel – “Nostalgie is die beste geurmiddel” – sê presies hoe pretensieloos die meer as 80 resepte is wat hy hier deel. Vleisgeregte, koeke, ontbyt, bykosse, koekies, beskuit en nageregte soos trifle en basaarpoeding pryk onder meer op die spyskaart, en alles word gemaak van bestanddele wat jy volgens die uitgewer “van Pofadder tot in Pretoria kan kry”. Dit word afgewissel met kostelike persoonlike staaltjies oor homself en die vriende en ander mense wat hy op sy vele reise deur Suid-Afrika leer ken het. R390 Struik Lifestyle penguinrandomhouse.co.za WEN 1: Herman-A Skryf só in Skryf “Somer”, gevolg deur die sleutelwoord by elke boek, in die onderwerpveld van…

f0016-01