MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 ‘EK VOEL WEER SOOS ‘N KLEIN DOGTERTJIE’ Rolene Strauss, ons voormalige Mej. Wêreld, het op 30 besluit om te leer balletdans. “Dis baie uitdagend, maar ek geniet dit,” vertel sy Ai, dis iets wat ek ook as kind so graag wou doen. Maar my ma het gesê: “Nee, dit sal jou leer dans.” En toe ek 12 jaar oud was en in elk geval kon dans, het sy gesê ek is te oud om met ballet te begin. Toe nie, wys Rolene ons! AMANDA Jy is nooit te oud vir iets nuuts nie. Ek en my man het op 60 begin rolbal speel. Glo my, jou lyf is seer ná ’n dag se speel. Maar ons het wonderlike nuwe vriende ontmoet en dit hou ons kop en lyf aktief. Hou net aan…