Vry nadat hy drie kinders vermoor
’Nvoormalige lugmagsersant van Hoedspruit wat ’n kinderprostituut in Burundi verwurg het en daarna ook sy eie kinders met ’n R4-aanvalsgeweer in sy huis doodgeskiet het, gaan vrygelaat word ná slegs 13 jaar agter tralies. Flippie Venter (48), wat as ’n lid van die Suid-Afrikaanse vredesmag in Burundi diens gedoen het, is in 2006 tronk toe gestuur vir die moord op sy kinders, en ’n jaar later gevonnis vir die moord op die 14-jarige sekswerker. Venter se parool is Woensdag deur die paroolraad van die Barberton-tronk in Mpumalanga goedgekeur. Venter se eksvrou, Millie, wat die aanval oorleef het nadat sy self in die maag geskiet is, vrees nou opnuut vir haar lewe. Millie, wat die afgelope dekade hard gewerk het om vir haar ’n nuwe lewe te bou, het gister aan Rapport gesê sy gaan…