Eskom ‘wil krag weggee’
Terwyl kragverbruikers moet vrede maak met die idee van permanente beurtkrag wat tot twee jaar kan duur, heronderhandel Eskom tans die langtermynkontrak met sy grootste kliënt – aan wie die kragverskaffer reeds dekades lank elektrisiteit teen ’n reuseverlies verkoop. Maar eerder as om dié afslag – wat sommige jare tot 75% onder kosprys gedaal het – uit te wis, vrees energiekenners dat Eskom sal voortgaan om groot verliese op dié verkope te ly. Volgens die onafhanklike ontleder Ryk de Klerk het Eskom sedert 2013 reeds ’n verlies van R30 miljard gely uit sy kragverkope aan die Hillside-aluminiumsmeltery in Richardsbaai en Mozal in Mosambiek. (Dit verteenwoordig amper 7% van Eskom se totale skuld van R454 miljard.) Die twee smelterye is verreweg Eskom se grootste kliënte en gebruik saam sowat 10% van Eskom se huidige…