Engeland wil vir Rassie hê
Rassie Erasmus, Suid-Afrikaanse rugby se towenaar-afrigter wat die Bokke binne 18 maande van zeroes na heroes gebrei het, is een van die gunstelinge om Engeland se nuwe afrigter te word. Rapport kan vandag onthul dat Erasmus die afgelope tyd gesprekke met die Engelse rugbyunie gehad het wat hom graag Twickenham toe wil lok om by ’n beleërde Eddie Jones oor te neem. Dit sal beteken dat hy die einste span gaan afrig wat in die Wêreldbekereindstryd so deur die Bokke verniel is. Erasmus is juis op die oomblik in Brittanje waar hy gister die Sesnasieskragmeting tussen Skotland en Engeland op Murrayfield bygewoon het met die oog op die twee toetse wat die Skotte teen die Bokke in Julie in Kaapstad en Durban speel. Daar word nou gewaarsku dat die rugbybase vinnig uit hul…