Staat sê: ‘Hier’s te veel swart vroue!’
’NFamilieonderneming in Kempton Park wat luukse Belgiese sjokolade maak, is deur die departement van arbeid uitgetrap omdat hulle te veel swart vroue in diens het en opdrag gegee om meer swart mans aan te stel. Beyers Chocolates het meer as 400 werknemers, driekwart van hulle swart vroue, in diens. Dié beslote korporasie maak nie net sjokolade onder sy eie naam nie, maar vervaardig en verpak ook sjokolade vir lugdienste, hotelle en groot winkelgroepe onder ander handelsmerke. Baie van dié vroue werk in die verpakkingsafdeling, waar hulle delikate handewerk verrig soos die toedraai van sjokolade en die strik van linte. Ná ’n onlangse besoek van ’n arbeidsinspekteur is hulle egter gewaarsku dat swart vroue in hul fabriek “oorverteenwoordig” is en moet verminder in ooreenstemming met die provinsiale demografie in Gauteng, waar net 36,2% van…