‘Maak reg vir vyf jaar se beurtkrag’
‘Dit kan tot vyf jaar duur voordat ons weer ’n stabiele netwerk sal hê.’ Ontwerpfoute by die land se twee grootste kragsentrales is so omvangryk dat die land nog vir jare onder beurtkrag gebuk sal gaan voordat die kragsentrales uiteindelik die elektrisiteit lewer waarvoor hulle ontwerp is. Eskom se nuwe uitvoerende hoof, André de Ruyter, het die afgelope week aan die parlement gesê dié werk sal eers in Augustus 2022 voltooi wees. Dit is amper 12 maande langer as die aanvanklik geraamde 18 maande, maar ’n energiekenner meen dat selfs dié teiken gans te optimisties is. “Ek dink dit kan tot vyf jaar duur voordat ons weer ’n stabiele netwerk sal hê,” het die ingenieur en energiekenner Mike Rossouw die afgelope week aan Rapport gesê. Hy is boonop bekommerd dat daar nie genoeg leierskapsvaardighede binne…