Korona: ‘Ek word reeds gesond,’ sê pa
Nie een van die twee Suid-Afrikaners by wie die koronavirussiekte Covid-19 tot dusver gediagnoseer is, is ernstig siek nie. ’n 39-jarige vrou van Gauteng is gister onder kwarantyn geplaas nadat sy ook positief getoets het vir die koronavirus en “matig siek is”. Die vrou was ’n lid van ’n groep vriende wat vroeër van ’n ski-vakansie in Italië gekom het. Nog ’n lid van dié groep, ’n 38-jari-ge sakeman van Hilton in KwaZulu-Natal, het vroeër dié week Suid-Afrika se eerste amptelike Covid-19-geval geword. Die pa van twee, Mark Roe-Scott, sy vrou, hul twee kinders en nog agt vriende het verlede Sondag na Suid-Afrika teruggekeer van ’n Italiaanse ski-vakansie. Roe-Scott was gister in ’n goeie luim toe Rapport telefonies met hom gesels het. Hy het selfs gelag oor sy lot as die pasiënt oor…