Koronavirus Die ergste lê voor
Terwyl die hoeveelheid bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika gister skerp gestyg het van 24 tot 38, glo kenners die land kan nog ’n katastrofiese uitbreking van die koronavirus-pandemie vryspring mits die lesse van elders ter wêreld ter harte geneem en dadelik toegepas word. Die land is nog in die fase van inperking, het dr. Jantjie Taljaard, hoof van infeksiesiektes by die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad, Vrydag aan Netwerk24 gesê. Dit beteken dat daar nog min genoeg individuele gevalle is dat opsporingspanne mense met wie hulle kontak gehad het, kan soek en hulle kan vra om in kwarantyn te gaan. Hy sê die land ondervind nog nie ’n uitbreking waar die siekte so vinnig versprei dat dit nie meer moontlik is om mense op te spoor wat kontak met die siekes gehad het nie. Die land…