Korona-skok tref kerkgroep
Korona-vrees het nou ook die land se voorste politieke leiers beetgepak nadat dit bekend geword het dat die ACDP-leier, Kenneth Mes-hoe, in die geselskap van vyf mense was wat Covid-19 onder lede gehad het enkele dae voordat hy pres. Cyril Ramaphosa in Tuynhuys ontmoet het. Sy ACDP-kollega Steve Swart, wat by dieselfde kerksaamtrek as Meshoe was, het hom intussen in selfopgelegde isolasie geplaas nadat hy “ligte griepagtige simptome” begin toon het. Ook die bekende prediker Angus Buchan het gister aan Rapport gesê hy gaan homself laat toets omdat hy ook by die kerkbyeenkoms was. Al drie het ’n Vrystaatse gebedsbyeenkoms bygewoon waar minstens vyf mense – almal van hulle oorsese besoekers – positief getoets is vir Covid-19. Alhoewel die regering nog nie wou sê by watter kerkbyeenkoms die vyf siek toeriste was…