Korona klap Bok-helde
Daar is groot vrese oor die gesondheid van talle lede van die befaamde 1981-Springbokspan nadat hulle ’n gholfdag saam met hul spanmaat Danie Gerber bygewoon het, enkele dae voordat hy positief getoets is vir die hoogs aansteeklike en gevreesde virussiekte Covid-19. Onder die oud-Bokke wat verlede Saterdag saam met Gerber gholf gespeel het by die Border Hotel in Jan Kempdorp is Henning van Aswegen, die mede-eienaar van die hotel, Burger Geldenhuys, Divan Serfontein, Robbie Blair, Colin Beck, Richard Prentis en Gysie Pienaar. Talle van hulle – almal lede van die befaamde Bokspan wat in 1981 die sogenaamde “meelbom-toer” na Nieu Seeland meegemaak het, het ook die aand in die hotel oorgebly. Rapport het op goeie gesag verneem dat, benewens Gerber, minstens een ander persoon wat die gholfdag bygewoon het die siekte onder…