Inperking dalk tot 4 maande langer
Inperkingsmaatreëls in Suid-Afrika sal met tussen twee en vier maande verleng moet word as die land enige kans wil staan om die verspreiding van die dodelike koronavirus te keer. Volgens voorspellings deur die Amerikaanse konsultasiefirma die Boston Consulting Group (BCG) sal Suid-Afrika se aantal nuwe Covid-19-gevalle wat daagliks aangemeld word eers teen die begin van Junie sy hoogtepunt bereik. Dit beteken dat die inperking eers teen die vierde week van Junie – of selfs eers aan die einde van Augustus – opgehef kan word. Die voorspelling is in ooreenstemming met waarskuwings van verskeie kabinetslede die afgelope week. Pres. Cyril Ramaphosa, ’n groot bewonderaar van die bestuur van die pandemie in China, waar die inperking twee en ’n half maande geduur het, het Maandag in sy presidensiële nuusbrief gesê enige inperkingsmaatreëls werk net as…