SA doen te min toetse vir Covid
’NTekort aan Covid-19-toetsstelle en die land se onvermoë om meer mense te toets ry die land se pogings om die virus te bestry in die wiele. Terwyl die land gevra word om nóg twee weke van inperking te verduur, het die waarnemende direkteur-generaal van gesondheid, dr. An-ban Pillay, Vrydagaand teenoor parlementariërs erken dat die land nie genoeg toetse doen om ’n ware prentjie van die pandemie te kry nie. Boonop het die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS) gister teenoor Rapport erken dat die toetse wat hulle drie weke gelede al uit die VSA bestel het, steeds nie in Suid-Afrika aangekom het nie. Hierdie toetsstelle moet Suid-Afrika se toetsvermoë per dag van 5 000 na meer as 30 000 teen einde April verhoog. Die NHLS het egter nie geantwoord op vrae oor hoeveel toetsstelle uit Amerika…