‘Dis mos waansinnig’
Burokratiese rompslomp deur ’n permitbehepte regering wat daarop aandring om alle noodleniging sentraal te beheer, is besig om die hongersnood in die land as gevolg van die Covid-pandemie te vererger. Welsynsorganisasies en individue oor die land heen – van die Middelland in KwaZulu-Natal tot Gauteng en die Wes-Kaap – word in hul spore gestuit deur amptenare wat permitte belangriker as ’n hongerdood ag. “Ek wil skree hieroor. Hier is mense wat verhonger en ons het vir hulle kos. Hoekom kan ons dit nie vir hulle gaan gee nie?” het Laurel Oettlé, direkteur van die Vereniging vir Landelike Ontwikkeling (Afra) in Pietermaritzburg, gister aan Rapport gesê. Sy sê Afra het meer as ’n week gelede reeds 7 500 kospakkies van die regering se Solidariteitsfonds ontvang wat in hul pakhuis lê en wag vir verspreiding.…