Terug skool toe? Nie my kind nie!
Groot teenkanting is aan die opbou onder ouers wat sê hulle weier om hul kinders skool te stuur terwyl die Covid-epidemie nog onbeheers in Suid-Afrika voortwoed. Terwyl duisende onderwysers môre by skole moet aanmeld om voor te berei vir die hervatting van die skooljaar op 1 Junie het ’n kwart van ouers in ’n internetpeiling gesê hulle sal “beslis nie” hul kinders skool toe stuur nie. Die Ipsos-peiling is gedoen onder 1 000 Suid-Afrikaanse ouers wat internettoegang het. Meer as 130 000 mense het reeds ’n petisie geteken teen die opening van skole. Intussen raai vakbonde onderwysers aan om vir diens aan te meld, maar huis toe te gaan as hulle voel die maatreëls om hulle teen Covid-19 te beskerm, is nie voldoende nie. Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het die afgelope…