‘SA leef in virus-vrees’
Suid-Afrikaners leef in vrees vir die koronavirus en, selfs al word die inperking môre heeltemal opgeskort, sal hulle voortgaan om alles moontlik te doen om te keer dat hulle siek word. Dit is een van die belangrikste bevindings van Rapport en City Press se tweede Covid-19-peiling wat pas afgehandel is. Dié bevinding behoort goeie nuus te wees vir wetenskaplikes wat waarsku dat “nie-farmaseutiese ingrypings” – soos hande was en sosiale distansiëring – die enigste manier is om die virus te stuit. (Lees die onderhoud met prof. Glenda Gray op bl. 10). Dis egter slegte nuus vir dié sektore van die ekonomie waar sosiale distansiëring baie moeilik of onmoontlik is – soos haarkappers, restaurante en die vermaaklikheidsbedryf. Ekonome vrees dat dit nog etlike maande kan duur voordat hierdie sektore van die skok kan herstel. In…