Só faal regering se plan vir toetse
Die hoeksteen van die regering se Covid-19-strategie noudat die strawwe inperking opgehef is – die opspoor en toets van moontlike draers van die virus – het heeltemal in duie gestort. Met sowat 100 000 agterstallige toetse – baie van hulle reeds twee weke uitstaande – is enige suksesvolle toets-en-opspoorstrategie nou onmoontlik. So groot is die agterstand dat staatslaboratoriums netsowel die speekselmonsters in hul besit kan weggooi omdat die toetsuitslag op sulke ou monsters nie meer geloofwaardig is nie, het prof. Jeremy Nel, ’n spesialis in aansteeklike siektes aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) die afgelope week aan Rapport gesê. Owerhede in die Wes-Kaap, waar die meeste toetse uitgevoer word en die positiewe toetskoers – die aantal positiewe toetse as persentasie van die totale aantal toetse – ook die hoogste is, het hierdie…