Bok-helde val vir ‘piramideskema’
Van die land se voorste Springbokke se gesigte word gebruik om beleggers te werf in ’n internasionale maatskappy wat reeds in talle lande as piramideskema beskryf is. Die rugbyspelers Eben Etzebeth, Duane Vermeulen en Jacques Potgieter en die sanger Nicholis Louw is van die bekendes wat blykbaar reeds geld in ’n skema genaamd Crowd1 belê het en wie se foto’s gebruik word om nog meer liggelowiges te lok om die geldmasjien aan die rol te hou. Ook die TV-aanbieder en toerleier Ferdinand Rabie se gesig verskyn op ’n Facebook-blad wat die skema se lof besing. Alhoewel finansiële owerhede wêreldwyd teen die skema waarsku, hou plaaslike beleggers vol dat dit heeltemal wettig en legitiem is. “In die 50 dae wat ek deel is daarvan, het ek reeds R64 000 gemaak. Hoe meer jy insit,…