Burre het skenkings aan boere ‘verkoop’
Burre Burger, die groentesmous van die Weskus wat landwyd bekend geword het vir sy droogtehulp aan boere, word daarvan beskuldig dat hy uitgemergelde boere uitbuit deur geskenkte voer aan hulle te verkoop. In ’n wekelange ondersoek het Rapport met talle boereverenigings en individuele boere gepraat wat vertel het van bloutjies wat hulle met Burger geloop het wat blykbaar gou op die f-woord terugval as daar ’n rusie is. Baie van die boereverenigings sê hulle weier om ooit weer met hom te werk of hulp van hom te aanvaar. Burger ontken die aantygings. In die mees skreiende geval is mielieboere van die Oos-Vrystaat genoop om Burger te konfronteer nadat hulle uitgevind het dat hy na bewering die bale voer en mielies wat hulle vir hul sukkelende medeboere in die Klein-Karoo geskenk het, aan hulle verkoop…