Bokke in bitter Black Lives-twis
Francois Pienaar se knieval om solidariteit te toon met die Black Lives Matter-beweging voor die onlangse Solidarity Cup-krieketwedstryd in Centurion het tot groot ongelukkigheid onder lede van die Springbokke se seëvierende Wêreldbekerspan van 1995 gelei. Rapport verstaan dat daar ’n hewige bekgeveg daaroor op die ’95-Bokke se WhatsApp-groepie losgebars het – tot so ’n mate dat hul kaptein van destyds uiteindelik die groep verlaat het. Van sy oudspanmaats het Pienaar gekritiseer en is skynbaar vies omdat hulle voel dat hulle, deur Pienaar se optrede, nou ook met die BLM-beweging geassosieer word. Hulle het dit skynbaar duidelik gemaak dat hy dit sonder hul goedkeuring doen. Pienaar was by dié krieketwedstryd as aandeelhouer in die maatskappy wat die regte van die nuwe drie-spanaan-’n-kant-formaat besit en het daarom saam met die spelers voor die wedstryd gekniel. Die krieketspelers…