‘Ek is nie skaam vir my Xander’
Sy is nie skaam vir haar kind nie. “Dis my kind, God het hom vir my gegee. Mense kyk my vreemd aan as hulle my van hoor, maar ek gaan dit nie verander nie, want ek is nie skaam vir my kind nie,” sê ’n gebroke Mercia Bylsma. Haar enigste seun, Xander (21), is Vrydag in die hooggeregshof in Mmabatho tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis weens die moord op sy gewese meisie, Sharnelle Hough (17), en haar boesemvriendin, Marna Engelbrecht (16), wat ook sy kleinniggie was. Die twee tieners se lyke is Saterdag 26 Mei 2018 in hul koshuis by die Hoërskool Stella in Noordwes gevind. Xander het Marna met ’n drasak verwurg. Daarna het hy Sharnelle verwurg en met ’n tou aan ’n trapreling opgehang. “Elke liewe oggend bid ek dat ons…