Elke dorp kort daardie één mens…
Tant Elize is knorrig: “Lank, lank gelede,” sê sy, “toe julle nog bobbejaantjies in die berge was, het ek en oorle’ oom Japie élke Desember die langpad uit Rietfontein gevat – Suidkus toe, Kaap toe, partykeer Krugerwildtuin toe. “Toe was daar mos nog nie al hierdie nuwerwetse goed soos… soos Kulula nie. En weet julle wat, kind? In daai beige Ford Granada het ons gekyk presies hoe lánk ons die langpad kon uitrek. Ons het hom stááádig gesuie soos ’n kerkpeperment, het oom Japie altyd gesê, en by amper elke dorpie bene gerek en ’n bietjie window shopping gedoen. “Daardie jare kon jy nog met ’n geruste hart aftrek: Die strate en die ablusies was silwerskoon; die vullisdromme het nie oorgeloop van die gemors nie; die tuine was te pragtig; wildvreemde mense…