Die liefde vir ons dorpe
Sedert die geboorte van Platteland was die gedagte om Suid-Afrikaanse dorpies en hulle merkwaardige mense vir die wêreld te wys. Dis plekke wat ons goed ken: Dalk het jy iewers op ’n gehug met net’n winkeltjie en’n hoenderhaan grootgeword – of jy ken iemand daar óf gaan kuier soms daar. Hoe ook al, dit roer’n hartsnaar: Kyk maar hoe reageer ons as ons ’n skildery sien van die Rosendalse kunstenaar Willem Pretorius. Ons praat nie van koekblikmooi pronkperdjies wat net weet hoe om die beste voetjie voor te sit terwyl die duiwel onder ronddraai nie; maar ’n plek wat darem nou ook nie steier soos die rand ná ’n Jacob Zuma-kabinetskommeling nie. Die dorpe en mense wat ons teëgekom het vir die 25 uitgawes tot op datum, het ons stoutste verwagtinge oortref. Toe,…