As reën ’n ramp word
Water, besef ons weer toe ons in November laasjaar na Mpumalanga, Gauteng en Noordwes reis om stories vir hierdie en volgende uitgawes in te samel, bly maar een van die grootste gawes. Ons het skoon bederf gevoel toe ons vyf dae agtereenvolgens getrakteer is met ’n lieflike donderstorm – lees die storie oor Val (bl. 54) in hierdie uitgawe. Dit is byna hipnoties om op die stoep te sit en kyk hoe goeie reën neerstuif en die aarde voed. Natuurlik kan ’n mens nie reën bestel wanneer jy dit nodig het nie, en ook nie die presiese dosis wat net reg is vir jou behoeftes nie. Deur die somer het ons gelees van vloede in die oostelike dele in die land, veral in KwaZulu-Natal en, meer onlangs, Gauteng. Mense moet vlug;…