Die dagga-dilemma…
Nooit is ’n baie lang tyd, sê hulle, maar hier by Platteland het ons inderdaad nóóit in ons dag des lewens gedink ons sal óóit ’n storie oor dagga doen nie. Maar hier is dit nou, op bl. 98 van hierdie uitgawe – en dis boonop nie net ’n storie oor dagga (vir medisinale gebruik) nie, maar een wat jou ook wys hoe om jou eie daggaolie en -heuning te maak… ons kan maar net hoop ons lesers wil nie hieroor slange vang (en lewendig vir ons koerier nie). Aan die ander kant is hierdie nimmereindigende mal maskerbal van ’n jaar dalk die net die regte tyd om ’n wilde perd op te saal en ’n artikel te doen oor ’n onderwerp waaroor die mensdom erg verdeeld is. As tydskrif wil…