Bou ’n somerpaleis…
Vloog Theron. Enigiemand wat in die jare sewentig en tagtig al verstand gehad het, sal dié naam onthou. Veral diegene wat ’n vinnige geldjie wou maak… ’n Mens kan dink van Vloog wat jy wil en hom noem hom wat jy wil, maar hy was ’n boeiende karakter. Die dinge wat hy aangevang het, het die ganse wêreld aan die gons gehad. ’n Flambojante man met ’n lewensreis soos min. Iets wat nooit hoofnuus was nie, is die feit dat hy as kind op ’n piepklein dorpie in die Swartland beland het waar hy ’n sorgvrye lewe gehad het, maar ook groot swaarkry geken het. Ons praat natuurlik van Koringberg, die einste dorpie waar ons die afgelope 15 jaar wortel geskiet het en waar Platteland aanmekaargeslaan word. (Lees meer oor dié en ander…