Hoe mis ons tog ménse!
Hoe gaan dit daar by jou in hierdie wildvreemde tye? Hou jy kop – en kop bo water? Hoe gereeld vergeet jy stééds jou masker by die huis? Hoeveel maskers besit jy al? Is ons voorbarig om te vra hoe jy jou staal om vir die afsienbare toekoms binne hierdie “nuwe normaal” te leef? Hoe gaan dit met daardie groentetuin wat jy beplan, of dalk reeds verlede jaar begin het? Het jy in die eerste weke van die inperkingstyd – dit voel soos twee jaar gelede, toe dit nog ’n “onbekende avontuur” was – verwoed aan’t kook en bak gegaan, maar nou is jy dikbek oor die vetrolle en oorweeg maar Banting? Knap jy dalk jou huis op? Doen jy houtof sweiswerk? Naaldwerk? Skryf jy of maak kuns? Pak jy reg…