Nuwe jaar, nuwe visie…
Anderdag op ’n Amerikaanse webwerf vang ons oog weer die Nuwejaars-T-hemde waarmee ’n klompie maatskappye gehoop het om in 2020 hulle geldkoffers te vul. Op die meeste van die ontwerpe is die twee 0’e van die jaartal 2020 in ’n grafiese brilletjie verander met die woorde “New Year, New Vision” gilgroot bo- of onderaan. Foeitog, min het die arme drommels (en ons!) geweet wat voorlê… Nou is dit meer as twee jaar later en dit voel of die mensdom blinder en dwaser is as ooit tevore. Voorts wil dit lyk of amper niemand meer oor enigiets saamstem nie. Ja, natuurlik was ons nog altyd maar dwarstrekkerig, gereed om in mekaar se keel af te klim oor byna alles, maar dit is asof die voortdurende bakleiery oor inentings en maskers en inperkingsmaatreëls ons…