ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Huisgenoot: Het jy Geweet?

Huisgenoot: Het jy Geweet?

Huisgenoot: Het jy Geweet? 2019

Al ooit gewonder watter dier die vinnigste is, wat in ’n kameel se hobbel is, watter diertjies almal in ’n getypoel woon, hoe groot ’n volstruiseier is of hoe sneeu gevorm word? Die kans is goed dat jou kinders jou al daaroor uitgevra het . . . Die tweede uitgawe van Het Jy Geweet?, Huisgenoot se tydskrif vir kinders wat nuuskierig oor ons wêreld is, is nou te koop. Dit bevat 46 kleurryke illustrasies van allerhande interessanthede soos diere, dinosourusse, hoe dinge werk, hoe produkte gemaak word en nog vele meer. Daar is ook ’n wonderlike afdeling met aanwysings vir hoe om self gemmerbier, kaas, slym en ’n wurmplaas te maak. Jou kinders sal hulle aan elke liewe bladsy in hierdie tydskrif vergaap!

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
One-off
$3.85

in this issue

3 min
sonneblomme

DIE sonneblom kom oorspronklik van Noord- en Sentraal-Amerika af en daar is sowat 70 spesies. Nie alle sonneblomme is geel nie; party is bruin, oranje, rooi en selfs Die Inheemse Amerikaners het omstreeks 3 000 v.C. al sonneblomme begin kweek en ontwikkel tot ’n plant met ’n enkele kop en ’n verskeidenheid gekleurde saad. Die Spanjaarde het die blomme waarskynlik in die 1500’s uit Mexiko na Europa geneem. Deesdae is die sonneblom in baie wêrelddele ’n waardevolle landbougewas. In Suid-Afrika word sonneblomme veral in Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en die Vrystaat verbou. Dit is die nasionale blom van die Oekraïne, wat ook in 2017/’18 die topprodusent van sonneblomme ter wêreld was, met Rusland die tweede grootste. Ons gebruik die olie uit die saad vir alles van kookolie tot margarien. Die sade is ook ’n gesonde…

3 min
hagia sophia

DIE bouwerk aan die Hagia Sophiabasiliek (kerk) in Turkye het byna ses jaar geduur en is in 537 afgehandel. Istanbul was sedert omstreeks 660 v.C. as Bisantium en sedert 330 n.C. as Konstantinopel bekend, en het sy huidige naam ná die Turkse verowering in 1453 gekry. Die Hagia Sophia was eers ’n Grieks-Ortodokse katedraal, later ’n moskee en is nou ’n museum. Dit is in 1985 tot ’n Unesco-Wêrelderfenisgebied verklaar en is ’n gewilde toeriste-aantreklikheid. GESKIEDENIS LIGGING Istanbul, Turkye BOUWERK Dit is tydens die heerskappy van keiser Justinianus I gebou. Hy was van 527 tot 565 die heerser van die Oos-Romeinse Ryk. Sy argitekte, Isidorus en Anthemius het die opdrag uitgevoer. BOUSTYL Die gebou word beskou as een van die beste voorbeelde van die Bisantynse argitektuur (die argitektuur van die Bisantynse Ryk, wat deur die Romeinse en…

5 min
aboe simbel

DIE piramides van Giza is waarskynlik die bekendste baken in Egipte, maar dit is nie die ou Egiptenare se enigste ongelooflike ingenieursprestasie nie. Daar is ook die twee rotstempels by Aboe Simbel, wat in 1244 v.C. deur farao Ramses II laat bou is. Hierdie wêrelderfenisterrein is in die 1960’s van sy oorspronklike plek geskuif! DIE GROOT TEMPEL 1. DIE GROOT SAAL Vier reusebeelde van Ramses II wat die dubbelkroon van Bo- en Benede-Egipte dra, sit weerskante van die tempelingang. Daar is ook kleiner standbeelde van sy gunstelingvrou, Nefertari, sy ma, Tuya, sy twee oudste seuns en sy ses oudste dogters. Een van die beelde is tydens Ramses II se bewind deur ’n aardbewing beskadig. Die beeld se kop en bolyf lê nou by sy voete. 2. DIE SUILESAAL Die hoofsaal van die Groot Tempel word deur…

2 min
veroweraars

HOEVEEL MENSE IS TYDENS SY HEERSKAPPY DOOD? Dis onseker, maar dis tussen 70 000 en ’n hele paar miljoen. ALEXANDER DIE GROTE VEROWERDE GEBIEDE OP DIE KAART BEGIN IN ATHENE LEWE Gebore in Griekeland. Leef van 356-323 v.C. HEERS 332-323 v.C. VEROWER Die Griekse stadstate, die Persiese Ryk en ou Egipte. Op die hoogtepunt van sy heerskappy het sy ryk oor 5 miljoen km2 gestrek – van Griekeland tot by die Himalajas. WAARVOOR IS HY BEKEND? Hy was een van die mees uitgeslape militêre bevelvoerders ooit en het saam met sy troepe geveg. KEISER AUGUSTUS VEROWERDE GEBIEDE OP DIE KAART BEGIN IN ROME GEBORE AS Gaius Oktavius in Rome. Augustus beteken “die roemryke” en is ’n titel wat hy van die Romeinse senaat gekry het. LEWE 63 v.C.-14 n.C. HEERS 31 v.C-14 n.C. VEROWER Die Mediterreense streke en Wes-Europa WAARVOOR IS HY BEKEND? Baie van die Romeinse Ryk se rykdom en kulturele suksesse word aan…

4 min
gorillas

VANWEË rolprente soos King Kong is ons geneig om aan gorillas as gewelddadig te dink, maar mense is vir hulle ’n veel groter gevaar as wat hulle ooit vir ons kan wees. Party spesies word bedreig deur jag, ontbossing en mensesiektes. Daar is twee spesies: die westelike gorilla en die oostelike gorilla. Elke spesie het twee subspesies, en die berggorilla is ’n subspesie van die oostelike gorilla. Dis die kalant wat ons hier bekyk. DIE BERGGORILLA Van al die gorillaspesies is berggorillas die meeste bedreig, maar danksy bewaring het hul getalle toegeneem van 786 in 2010 tot 1 004 in 2018. Hulle kom op net twee plekke voor: hoog in die Virunga-berge wat aan die Demokratiese Republiek van die Kongo, Rwanda en Uganda grens, en in die Bwindi Ondeurdringbare Nasionale Park in…

3 min
weerlig

WEERLIG is ’n natuurlike bron van elektrisiteit wat tydens donderstorms deur wolke vervaardig word. Dis skouspelagtig om dop te hou, maar kan ook uiters gevaarlik wees – ’n weerligstraal kan genoeg energie bevat om meer as ’n week lank krag aan ’n huis te verskaf! WAT VEROORSAAK DONDERWEER? ’n Donderslag ontstaan wanneer ’n weerligstraal wat van ’n wolk af na die grond beweeg, ’n lugholte oopmaak wat ’n kanaal genoem word. Die weerlig verhit die lug, wat dit laat uitsit. Die lug wat aan die uitsit is, reageer op die omringende koeler lug teen spoed vinniger as klank. Dit veroorsaak skokgolwe wat as donderslae gehoor word. Die rede waarom ons weerlig sien voor ons ’n donderslag hoor, is dat lig vinniger as klank beweeg. BINNEBLITSE Die elektriese veld binne-in die wolk is baie sterker as die veld…