EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Celebrity & Gossip
HuisgenootHuisgenoot

Huisgenoot

27-Jun-19

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
$60.02
51 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
huisgenoot

REDAKSIE Kaapstad 021-406-2115 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEUR Almari Wessels GAUTENG-NUUSREDAKTEUR Hilda van Dyk TEKSEINDREDAKTEUR Hugo Loubser ASSISTENTREDAKTEUR Lara Atson HERSKRYWERS Anine Capraro, Suzaan Hall, Deon Lamprecht, Elretha Louw TEKSREDAKTEURS Marius Visser (hoof), Janine Morris, Lana Coetzee, Lauri King KAAPSE SKRYWERS Charlea Sieberhagen-Grey, Colin Hendricks, Joanie Bergh, Marelize Grbich, Marisa Fockema, Pieter van Zyl, Richard van Rensburg GAUTENGSE SKRYWERS Carla Coetzee, Cyril Blackburn, Franco Havenga, Jaco Hough-Coetzee, Jacques Myburgh, Jana van der Merwe VERTALERS Brenda Pienaar, Edna Ellman PRODUKSIEREDAKTEUR Alfie Steyn ONTWERPREDAKTEUR André Smith BLADUITLEG EN ONTWERP Adele Brinkhuis, Azeemud-Deen Jacobs, Kelly Grande, Melanie Smook, Neil Krynauw, Nicole Jones, Shanice Daniels, Tertia du Plessis INLIGTINGSGRAFIKA EN ILLUSTRASIES Michael de Lucchi KOPIEKOÖRDINEERDER Jeremy Petersen LEEFSTYLREDAKTEUR Petro-Anne Vlok KOS Carmen Niehaus (redakteur), Esther Malan (asst.-red.), Carmen Petersen MODE Wagheeba January (redakteur), Meaghan Davids (assistent) SKOONHEID Nthabiseng Makhokha BOEKE Elna van der Merwe VERHALE Edna Ellman, e-pos stories@huisgenoot.com OPVOEDKUNDE Sandra Visser TIENERS Colin Hendricks GLANSBLAAIE Lindsay de Freitas SINDIKASIE Jennifer…

access_time8 min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 MY PRAGTIGE NUWE LEWE IN DIE KAAP Boer Soek ’n Vrou se Rox-Zee Veldhuizen word ’n Kapenaar en voel weer soos haar ou self ná die hartseer verbreking van haar en boer Rèan se verlowing Ek is teleurgesteld in boer Rèan. ’n Volwasse man wat hom deur sy ma laat voorsê! A nee a. Veg vir daai pragtige vrou. Jy gaan saam met haar woon, nie jou ma nie. BREGGIE BASSON FYVER Jy’s nie die eerste of laaste mens wat oor ’n verbrokkelde verhouding moet kom nie. En ek wil bysê: Vroue, bly weg van boere as jul hart nie by ’n plaaslewe is nie. HETTIE PIETERSE Rox-Zee en Rèan, niks is fout met julle nie. As dit God se wil is, sal julle bymekaarkom. Struikelblokke is volop in ’n verhouding. Ons kan almal lesse…

access_time12 min.
nuwe liefde ná my lewe in die tronk

DIE skel geloei van ’n sirene laat die tenger donkerkopvrou verstar en vinnig straataf kyk. Sy lyk ontsenu deur die naderende polisiemotor met die flitsende blou daklig. Dan draai die motor in ’n systraat af en sy ontspan merkbaar. Ja, erken die 31-jarige Lianné Bekker: Al is sy op 4 Februarie vanjaar op parool vrygelaat, ruk die geluid van sirenes haar telkens terug na die vaalgrys tronksel waar sy vier jaar moes slyt; “waar ek elke dag myself verwyt het oor elke fout wat my daar laat beland het . . .” Sy het in Julie 2013 as jong bruid die eerste keer opspraak gemaak. Haar destydse verloofde, Jean Greyling (34), het die Emoya-landgoed buite Bloemfontein afgebrand omdat die eienaar hul droomtroue daar gekanselleer het toe die aanstaande egpaar nie die venuekoste betaal…

access_time6 min.
nou waak twee engele oor ons

ELKE Saterdagmiddag het die liedjieskrywer en sanger ’n vuurtjie aangesteek. Terwyl die Boesmansrivier lui deur die stil dorpie kronkel en in die Indiese Oseaan uitmond, het Jacques de Coning met ’n bier in die hand agteroor gesit en wag dat sy vlugduiwe huiswaarts keer. So by die vuur wat knetter, het dit gelyk asof hy rookseine vir die duiwe stuur om vir hulle aan te dui: Hier is die huis. Hier op Boesmansriviermond in die Oos-Kaap is kalmte, warmte en berusting. Maar Jacques (52) het eintlik self eers onlangs berusting begin kry oor die verskriklike hartseer wat hy elke dag moes verduur – die seer sedert sy enigste seun, Basil, vyf jaar gelede op die ouderdom van 24 in ’n motorongeluk in Port Elizabeth gesterf het. Jacques kon dit nog nie oor sy…

access_time6 min.
kate vs. die oudmodel

IN Engeland se hoogste kringe is die skindertonge in rep en roer oor ’n vete wat maar net nie wil bedaar nie. Aan die een kant is ’n beeldskone vrou met ’n tuimelende bos donker hare, slanke bene en onberispelike styl. Sy is met ’n skatryk man getroud wat al as die grootste vangs in Engeland beskryf is. Aan die ander kant: die toekomstige koningin van Engeland, ’n vrou wat skande en skinder verpes, maar tog nie die gefluister van die koninklikes en rykes kan stopsit nie. Rose Hanbury, markiesin van Cholmondeley (uitgespreek as Chumley), en die hertogin van Cambridge het altyd ’n hegte band gehad, maar dit het vroeër vanjaar aan die lig gekom die twee het ’n “verskriklike uitval” by ’n ete gehad. Sedertdien het hul warm vriendskap glo in…

access_time6 min.
liefde wat my lewe verryk

SY SMEULENDE glimlag en donker oë vermurwe al jare lank harte, maar net die mense na aan hom het geweet dat daardie glimlag ’n waarheid verbloem. Tot onlangs, toe die akteur Armand Aucamp (32) besluit het om hom voor die wêreld kaal te stroop en met almal te deel dat hy gay is. Dit was ’n reuseverligting, maar terselfdertyd vreesaanjaend, sê die aantreklike donkerkop. “Baie was op die spel,” vertel Armand. “Jy sien, ek het eintlik al in 2012 uitgekom. Toe het ek vriende en familie vertel en vooraf gewonder of hulle dit sal aanvaar. Dit was groot. Maar dié keer was ook my loopbaan ter sprake. Jy is bang: Gaan jy weer werk kry?” Maar dan val hy homself in die rede. “Dis goed wat jy jouself vertel, en dit is nie…

help