ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Huisgenoot Skooltake

Huisgenoot Skooltake

2015
Add to favorites

Maak skoolprojekte jou elke jaar gespanne? Dan is Huisgenoot se Skooltake 2014 net die tydskrif vir jou. Dis gepak met feite, foto’s, illustrasies en fantastiese infografika – ’n weergalose naslaangids vir die laerskoolkind in jou lewe. Dit bevat alles wat ’n nuuskierige snuiter nodig het en sluit fassinerende onderwerpe in soos die antieke en nuwe wonders van die wêreld, die menslike liggaam, die geskiedenis van geld en die skryfkuns, virusse en bakterieë en allerhande diersoorte.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
One-off

in this issue

3 min.
sien meer in 3d!

WAT as dinge in hierdie tydskrif voor jou oë lewend kon raak? Dit kan! Al wat jy nodig het, is ’n slimfoon of tablet (iOS of Android). Jy het reeds in Huisgenoot kennis gemaak met die tegnologie wat verrykte werklikheid genoem word. Nou kan jy dieselfde tegnologie gebruik om dinge soos diere en verskynsels in hierdie tydskrif van naderby te bekyk. Wees op die uitkyk vir die ikoon hieronder om te sien waar in die uitgawe ’n 3D-model verskyn. Ons het ’n toetslopie op hierdie bladsy ingesluit wat wys hoe dit werk. HOU JOU FOON OF TABLET OOR DIÉ BLAD EN KYK WAT SPRING UIT! MEER OOR DIE 3D-APP ·Dit kan GRATIS afgelaai word.·Dis beskikbaar in die Apple iStore of Google Play-winkel.·Dis geskik vir Android- en iOS-fone en -tablette. SO WERK DIT Stap 1 Gaan na die…

1 min.
leer nóg meer

VIR iPAD, iPHONE OF iPOD TOUCH * Die pryse is bereken volgens die wisselkoers toe dié boek gedruk is. ANDROID YOUTUBE › Herbivore/karnivore/omnivoretinyurl.com/hgherbivore› Simbiosetinyurl.com/hgsimbiose› Spinnekoppetinyurl.com/hgspinnekop› Walvissetinyurl.com/hgwalvis› Krappetinyurl.com/hgkrap› Melktinyurl.com/hgmelk› Appelstinyurl.com/hgappel› Sjokoladetinyurl.com/hgsjokolade› Wyntinyurl.com/hgwyne› Granetinyurl.com/hggraan› Afrikatinyurl.com/hgafrika› Weertinyurl.com/hgweer› Chinatinyurl.com/hgchina1tinyurl.com/hgchina2 WEBTUISTES › Mieliestronkwww.mieliestronk.com› Into the Bookreading.ecb.org› Math Baseballwww.funbrain.com/math/index.html› Hippocampus.comwww.hippocampus.org› PBS Kidspbskids.org› Wonderopoliswonderopolis.org› National Geographic Kidskids.nationalgeographic.com› Fun Brainwww.funbrain.com› Whyvillewww.whyville.net/smmk/nice› Spatulattawww.spatulatta.com GAAN NA Hulp met skoolprojekte Alle vorige artikels in Huisgenoot in die Klaskamer kan nou in PDF-formaat afgelaai word. Dit kos sowat R15 per artikel. Gaan na huisgenoot.com en klik op die Klaskamer-skakel.…

7 min.
eet . . . of word geëet!

SONDER kos kan geen mens of dier oorleef nie. Nie net het diere kos nodig vir hul voortbestaan nie; hulle moet ook aangepas wees om in hul omgewing kos te soek en dit te eet. Maar wat bedoel ons nou eintlik met die woord aangepas? Aanpassing behels enige kenmerk van ’n organisme, of dit nou te doen het met sy voorkoms, gedrag, bou of leefwyse, wat hom in sy bepaalde omgewing help oorleef en voortbestaan. ’n Vleisvreter soos ’n leeu het byvoorbeeld lang, skerp oogtande waarmee hy sy prooi vashou en verskeur. Diere wat nie vir ’n bepaalde omgewing aangepas is nie, sal waarskynlik daar uitsterf. Diere word op grond van hul voedingswyse in drie hoofgroepe gedeel: herbivore (plantvreters), karnivore (vleisvreters) en omnivore (allesvreters). Ons kyk in dié hoofstuk hoe veral soogdiere se…

6 min.
habitat huis, paleis, woestyn of ys

SOOS ’N VIS IN WATER Elke dier, plant en voël in die natuur is aangepas om in ’n spesifieke omgewing te leef. HET jy al na ’n werklikheidsprogram gekyk waarin twee mense uit verskillende lae van die samelewing plekke ruil? Ná ’n week of wat is albei verlig om terug te wees en waardeer hulle opnuut hul gesinslede en bekende omgewing. Diere is nog sensitiewer vir hul natuurlike omgewing, oftewel hul habitat, en sal nie lank op ’n ander blyplek oorleef nie. ’n Habitat is die onmiddellike omgewing waarin ’n organisme soos ’n dier of plant lewe. Dit kan enige grootte wees: so klein soos ’n rotspoel of so groot soos ’n reuse boomstomp wat verrot. VERSKILLENDE HABITATS As ons twee diere, soos ’n volstruis en ’n pikkewyn, se habitat omruil, sal albei waarskynlik binne ’n…

3 min.
geveerde reuse

N VOEL VAN ANDERSE VERE Volstruis word tot 2,8 meter lank 1 meter langer as die gemiddelde lengte van n man en weeg tussen 63 en 145 kg Volstruise kan nie vlieg nie hulle hardloop liewer.Hul lang pote is spesiaal daarvoor aangepas. Hulle kan tot 70 km/hhaal . Hulle gebruik hul vlerke om hul liggaamstemperatuur tereguleer en vir balans. Hulle maak dit effens oop wanneer Volstruise eet wortels, blare, vrugte ,blomme en sade. Hulle eet soms ook goggas soos sprinkane. Omdat hulle nie tande het nie,sluk hulle dikwels klippies wat help om hul kos in hul koumaag fyn te maal. Volstruiskuikens is op 18 maande uitgegroe Volstruise kan al begin voortplant op tussen twee en vierjarige ouderdom ENORME EIERS VOLSTRUISEIER: 15 CM Een volstruiseier is omtrent gelyk aan 24 hoendereiers. ’n Volstruiseier word sowat ’n uur gekook om sag…

2 min.
help ’n bietjie daar

Skadu PARASITISME DIE BOSLUIS EN DIE KAMEELPERD Die bosluis teer op die bloed van sy gasheer (in hierdie geval die kameelperd). Hoewel die byt nie juis seer is nie, dra bosluise siektes oor wat gevaarlik is vir dier en mens, soos bosluiskoors en bosluisverlamming. AMENSALISME BOOM EN SKADUWEE VIR PLANTE Wanneer ’n groot boom die sonlig “steel” van die plantjies wat onder hom probeer groei, is dit amensalisme. Al put die boom geen voordeel daaruit dat hy meer sonlig as die plantjie kry nie, word die plantjie se groei geknou. Daarom is die gras onder ’n boom dikwels dood. FEIT ASEMHALING Remoras gebruik die vinnig vloeiende water rondom die haai om aan hulle suurstof te verskaf.. KOMMENSALISME HAAI EN REMORA Niemand sal met die remora-vis skoor soek nie, want hy het ’n kwaai vriend uitgesoek om hom op sy rug te abba.…