MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 ‘GENOEG IS GENOEG’ Die aanbieder Minki van der Westhuizen se ma, Carien, het uitgevaar teen kuberboelies wat haar dogter afkraak Ek sal ook my mooi dogter wil beskerm teen mense wat uit pure afguns sit en kwaad bedink. Mooi mense soos julle is vir hierdie mense, weens hul eie verwronge selfbeeld, ’n teiken. Staan vas, ons love Minki en waardeer jou as ma. SUSAN Liewe ma van Minki, mense is ongelooflik jaloers op jou dogter. Sy is so briljant, ek en baie ander vroue begeer eintlik om soos sy te wees. Jaloesie is ’n nare siekte, en die boelies het ’n selfbeeldprobleem. Minki, jy is pragtig. MAGDA Ek hou vakansie op Haroldsbaai en Minki se groot advertensiebord staan by die afdraai. Elke keer as ons daar draai, groet ons haar: “Hallo Minki, jou mooi ding!”…