MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 DIE LAWWE LOUIS LAAT SOSIALE MEDIA GONS Verveeld? Nee, Louis het pret gehad, sê William en Kate oor hul jongste kind se manewales tydens koningin Elizabeth se jubileumvieringe Kinders bly maar kinders, maar dissipline is ook belangrik. Hy was verveeld, en ek neem hom nie kwalik nie. Hy sou veel eerder tuis wou wees met sy speelgoed. Hy is miskien ’n prins, maar kind is hy ook. MARIANA Ek het ’n kind wat twee jaar oud is. En hoor vir my, dis soms nie maklik nie. Of jy nou ’n beroemde in die kollig is of nie, mense hou jou heeltyd dop om jou te kritiseer oor hoe jy jou kind hanteer. Kate het al my simpatie. MARIETHA Hy hoef nie soos ’n pop daar te sit nie. Maar wanneer hy ’n bietjie handuit ruk,…