ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Huisgenoot

Huisgenoot 15 Apr 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
$1.79
$69.94
51 Issues

in this issue

6 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘ONS LEER ’N HELE NUWE MENSIE KEN’ Ashlea en Paul Myson was in ekstase toe hul dogtertjie, Stella, op ses jaar oud danksy ’n operasie aan haar larinks haar eerste woord sê Sy’s pragtig! My nefie is outisties. Sy pa het laat begin praat, so hulle het aangeneem my nefie sal ook. Later het hulle besef iets anders skort. Vandag praat hy vlot Engels (in ’n Afrikaanse huis) en is hy verskriklik slim in wiskunde. Sterkte. YOLANDI Ons bid en wag nou amper vyf jaar dat ons seun sal praat. Iets wat ’n mens as so vanselfsprekend aanvaar. Min mense verstaan die eensaamheid, hartseer en stres op die ouer en kind. Elke kind verdien hul plekkie in die son. LENÉ Lené Webb, ek is saam met jou. Ek is ’n mamma nes jy, en my…

1 min
editor letter

DIE ou grappie lui dat bekendes nie weet hulle is wérklik gewild wanneer hulle die eerste keer op Huisgenoot se voorblad verskyn nie, maar eers wanneer hulle die eerste keer in een van Huisgenoot se fotoblokraaie verskyn. En dít, laat ek jou nou vertel, is inderdaad iets om op trots te wees. Want meer as vier dekades nadat ons eerste groot blokraai in 1978 in Huisgenoot verskyn het, bly ons blokraaie een van die belangrikste hoekstene van Huisgenoot. Ons legendariese voormalige redakteur Niel Hammann was die baasbrein agter ons raaiselafdeling. Hy het groot blokraaie in Afrikaans bekendgestel nadat hy destyds in Europa gesien het hoe pendelaars dié formaat op treine verslind. Ons het ons raaiselafdeling in die jare sedertdien uitgebrei en ’n hele rits spesiale raaiseltydskrifte bekendgestel. Die 26ste uitgawe van ons…

6 min
ek bly lief vir my tronk-ma

VAN jongs af het sy van ’n blink toekoms as suksesvolle sangeres gedroom, maar Nadia van der Westhuizen het gou besef roem sou vir haar ’n skadukant hê – sy sou moes oop kaarte speel oor ’n groot seer in haar jong lewe. Daarom het sy as 11-jarige deelnemer aan die e.tv-werklikheidsreeks SA’s Got Talent voor die TV-kameras gebieg: “My ma… sy is in die gevangenis en dis eintlik vreeslik moeilik.” Tog het sy bygevoeg: “Maar ek is baie lief vir my ma.” Nou, agt jaar ná die ontboeseming waarmee die klein meisietjie met die groot stem TV-kykers ontroer het, bly Nadia (18) steeds lief vir haar ma, al het Nelmari van der Westhuizen (40) pas weer agter die tralies beland. “Wynland se eie ‘Bonnie en Clyde’ gevang,” het ’n nuusopskif gelui oor Nelmari…

7 min
wreed weg, die ‘beste mens’

BUITE knetter die skote soos ’n veldbrand in die nag. En in die hotel waar hulle saam met ander buitelandse kontrakteurs skuil, worstel drie Suid-Afrikaners met ’n besluit wat letterlik lewe of dood kan beteken. Dis nou al twee dae dat die broers Wesley (37) en Adrian Nel (40), hul stiefpa, Greg Knox, en sowat 200 ander mense hier in die Amarula Palma-hotel vasgekeer is. Twee vreesaanjaende dae sedert sowat 2 000 vegters van al-Shabaab, ’n Islamitiese terreurgroep verbonde aan Isis, die dorp Palma binnegeval het. Die vraag waarmee die gespanne groep worstel, is dit: Bly ons hier en hoop dat redders tog sal opdaag? Of probeer ons in ’n voertuigkonvooi vlug? Die drie Suid-Afrikaners werk al sedert Januarie saam hier op Palma as kontrakteurs vir ’n nuwe behuisingsprojek. Adrian (40) van Durban…

12 min
my gesin kom eerste

WANNEER die kleinman in die middel van die nag vir sy bottel melk kwê, lê sy ouers hom tussen hulle neer. En wanneer die honger lyfie die bottel leeggedrink het, raak hy dáár weer salig aan die slaap – met die een handjie op sy pa en die ander op sy ma. Klein Cameron, die glanspaar Ivan Botha (35) en Donnalee Roberts (36) se seuntjie, het verlede maand een geword, en sy ouers kan eenvoudig nie genoeg van hom kry nie. Selfs in die middel van die nag is hy die middelpunt van hul wêreld. “Om pa te wees is amazing,” sê Ivan, ook die trotse pa van ’n dogter, Amélie (11), uit sy eerste huwelik. “Dit is ongelooflik doelgedrewe – ’n onselfsugtige doel. Ja, ek geniet dit om toneel te…

6 min
ons lywige vroue

DIT is nie aldag dat twee manne só hard werk om die vroue in hul lewe te pamperlang nie. Dag ná dag, maand ná maand het Willem le Grange (33) sy Tornado vertroetel, en Wykes Lamprecht (32) sy Johanna. Maar hulle het geweet die beloning sou groot wees – sommer baie groot. Want die liefdeswerk wat Willem en Wykes so besig gehou het, was om die grootste pampoen in die land te kweek. Die koningin van stingelgroentes, kan jy maar sê. G’n wonder die twee ywerige tuiniers verwys self na hul pampoene as die “vroue” in hul lewe nie… En hul bemindes was omtrént veeleisend, vertel die twee. Vergeet maar van visvangnaweke, drankies saam met vriende of rugby op televisie. “Ou Johanna was nes ’n vingerswaaiende vrou wat elke dag laat hoor: As jy…