ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Huisgenoot

Huisgenoot 22 Apr 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
$1.79
$69.94
51 Issues

in this issue

6 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 'HY WAS ONS BAKEN VAN HOOP’ Sandy en Bradley Arendse was verheug oor die vooruitsig van ’n nuwe baba ná ’n miskraam, maar toe word klein Kayden dood gebore Ek weet baie goed waardeur hulle gaan. Ons het in 2018 ons babaseuntjie vir net twee dae gehad. Hy is op 16 Oktober gebore, en die 18de is hy oorlede. Baie sterkte aan hulle. LUCILLE Ek weet hoe seer dit is. My seun is op 28 Desember 2010 gebore. Ek weet steeds nie wat gebeur het nie. Die dokter het gesê hy’s gesond, maar die volgende dag was hy nie meer daar nie. SARIE My dogter het verlede jaar ook haar babaseuntjie verloor. Klein Mason het net vir twee dae bly leef. Baie sterkte vir julle. Dis die seerste seer wat jy jou ooit sal kan…

1 min
editor letter

PAASNAWEEK huur ons ’n huisie teen die Weskus. Die geluk is aan ons kant: Dis net ’n paar tree van die stoep tot by die branders, en ons kan vergeet van die res van die wêreld. Terwyl ons die huis liefkry, tref dit my ons ervaar die voorreg om nuwe herinneringe te bou in die huis waar ’n ander gesin lank tevore van hulle gelukkigste tye beleef het. Die kombuis wys dit was die vrou van die huis se liefdestaak om groot geregte te maak vir ’n tafel met baie mense. Die agterstoep is ingerig om vis te vlek en seekos vir die pot te berei. In ’n kis waar ek na handdoeke soek, is ’n kombers nog vol sand van ’n piekniek lank gelede. “Die mense was lanklaas hier, maar hulle…

6 min
slang in die gras op pofadder?

IE vrou wat oorkant die tafel sit, lyk angstig. Sy steek ’n sigaret aan en blaas die rook vinnig uit. Sy is nog verbouereerd wanneer sy terugdink aan die dag in Oktober verlede jaar toe een van die bure in die straat dood in sy swembad gevind is. Hy was lank ’n goeie vriend, maar die grubesonderhede van sy dood sou enigeen ruk: Leon Brits (41) is in die bors gesteek en met ’n hondeketting verwurg voor sy lyk in die swembad gegooi is. En toe, byna nóg erger, kom die skok twee weke gelede: Die polisie slaan boeie om Leon se mooi donkerkopvrou van die afgelope 11 jaar, Suretha (30), en sy word daarvan aangekla dat sy die meesterbrein agter die moord op haar man was. “Ek lees in die koerante mense…

7 min
’n gat in die grond

BEDAGS was die woedende hitte van die Mosambiekse son ondraaglik, en snags het die reën mistroostig op hulle neergesif. Hul lywe was styf en seer in die beknopte ruimte in die grond. Muskiete her om hulle geswerm en soms was daar die gewaarwording van ’n slang of insekte wat in die donker oor hulle seil of skarrel. Byna vier dae lank het die Suid-Afrikaner Francois van Niekerk (21) en die Mosambieker Jostino Mandamule (35) so in die arms van moederaarde geskuil. Hul omstandighede was haglik, maar hulle het tjoepstil en bewegingloos gebly. Want om hulle het ’n veel groter verskrikking gewoed: die Islamitiese militantegroep al-Sjabaab was besig om die dorp Palma met vuur en bloed te verower. Dat hulle nog lewe is te danke aan Francois se pa, ook Francois, wat sowat…

7 min
my kind, weggeruk

NIKS kan daardie herinnering ooit verdoof nie: die siedende watermassa wat hul driejarige seuntjie in die nag wegvoer; daardie besef dat hul lieflingkind nie ná die vakansie saam met hulle huis toe gaan nie. Daardie seuntjie, Eric Black, sou nou 14 jaar oud gewees het. Hy sou waarskynlik ’n lewenslustige tiener wees, want as kleuter het hy al met “ ’n passie vir alles geleef ”, onthou sy ma vandag. Maar Belinda en Daniel Black het hul kind nie sien grootword nie, want ’n tragedie tydens ’n gesinsvakansie in 2010 het hom van hulle weggeruk. Toe vloedwaters hul kothuis teenaan ’n rivieroewer op ’n gasteplaas op Groot Marico oorstroom het, het die rivierwater die driejarige seuntjie meegesleur. Nou, meer as ’n dekade later, vind sy ouers troos in die onlangse bevinding van die…

11 min
eindelik span hugo

DIT is maklik om jou te verbeel jy’s op die sprokiesmooi stel van ’n sepietroue. Daar’s die romantiese kapel met sy uitsig oor die Bitourivier, vleilande waar die watervoëls lustig koukus, en die kneusblou berge in die verte waaraan 50 gaste – waaronder talle bekendes onder televisiekykers – hulle nou verwonder. En getrou aan enige draaiboek trippel die wagtende bruidegom, alombekend as Binnelanders se dr. Tertius Jonker, senuweeagtig rond terwyl hy op sy bruid wag. Dis egter g’n toneelspel wat maak dat hy sy reeds onberispelike blou pak vir die soveelste keer regtrek nie. Want die akteur en sanger Reynardt Hugo (34) staan vandag nie in sy bekende sepiekarakter se skoene nie, en die vlinders op sy maag is maar alte werklik. Hy wag al immers meer as ’n dekade lank op hierdie…