ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Huisgenoot

Huisgenoot 29 Apr 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
$1.79
$69.94
51 Issues

in this issue

8 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘EK SOEK NOG STEEDS ’N MAATJIE’ Boer Kobus van Boer soek ’n vrou ontken dat hy nie ernstig daaroor was om liefde in dié maatsoekprogram te vind nie, ná kwaai kritiek van kykers Al probleem met Kobus is dat hy ná sy vrou se dood nog nie genees het nie. Hy soek sy vrou in ander vroue, en dis nie maklik nie. Die regte vrou vir hom sal nog op die regte tyd kom. Sterkte, Kobus. SUSAN Susan, ek moet heelhartig met jou saamstem. Ek verstaan nie hoekom mense nou skielik so lelik is met boer Kobus nie; dit is baie duidelik dat hy nog nie oor sy vorige vrou is nie. En dis mos sy goeie reg. BT ZIETSMAN BT Zietsman, ’n mens kom nooit regtig oor jou eerste liefde wat oorlede is nie.…

6 min
twéé gesinne in rou

JY KAN jou beswaarlik ’n erger tragedie indink: twee skoolmaats agter ’n toe slaapkamerdeur; ’n skoot wat klap – en dan bly een bebloed en bewegingloos lê. Binne ’n breukdeel van ’n sekonde word een tienerseun dood en die ander getraumatiseerd gelaat. En drie maande later is daar vir twee gebroke families steeds geen antwoorde of afsluiting nie. Terwyl die geregtelike doodsondersoek na die noodlottige skietvoorval voortsloer, worstel die ouers van Joshua Edwards (17) van Centurion steeds om te verstaan wat daardie middag van 5 Januarie in sy skoolvriend (ook 17) se ouerhuis gebeur het. Alles dui daarop dat dit ’n ongeluk was, maar om vrede te kry, wil die Edwards-egpaar wéét. Hoekom het Joshua en sy skoolmaat – wie se identiteit op regsadvies beskerm word omdat hy ’n minderjarige is – sy…

6 min
ek wil net as ’n seun gesien word

SKOENLAPPERS van papier wapper kleurvol en liggies in die wind teen sy kamer se plafon, byna soos ’n soort simbool van die vryheid en vreugde waarna hy smag. “Ek het hard aan hulle gewerk,” vertel die 16-jarige CJ de Jongh trots. Dis ’n ondeunde sproetgesig wat op die bed onder ’n plakkaat van die rockgroep Nirvana sit. Maar die vryheid en geluk wat dié vlinders simboliseer, is hom nie oral beskore nie. Op skool het hy onlangs weer moes hoor hoe ’n klomp meisies neerhalend na hom verwys. “Jissie, wat is daai wat daar loop?” het hulle hardop opgemerk. En CJ, wat geleer het om vir homself op te staan, het teruggekap: “Julle kan maar kom vra. Julle skinder net.” As hulle hom gevra het, sou CJ hulle vertel het hy is transgender. Hoewel hy…

12 min
’n goeie oesjaar vir vanjaar se boere

AS DIE liefde blom, kan niks dit keer nie, nie eens droogte, oorstromings, plae of ’n pandemie nie. Vir die liefde was dit duidelik ’n goeie oesjaar, want vyf van die top-10-boere in die afgelope 13de seisoen van Boer soek ’n vrou het hul droomvrou ontmoet. Maar hoe het die paartjies se liefdespad verloop sedert die kameras ná die verfilming van die kykNET-reeks ophou rol het en die laaste episode onlangs uitgesaai is? HG het gaan vasstel. NIEL (33) EN CHEREZE (29) Hulle het saam gekyk na die laaste episode van Boer soek ’n vrou hier in die plaashuis buite Prince Alfred Hamlet in die Warm Bokkeveld waar Niel in Januarie vanjaar kom nesskop het. En hulle kon nie anders as om ’n traan weg te pink toe hulle sien hoe die eerste hoofstuk in…

6 min
donker dae nou verby

IN DIE 16 jaar van hul getroude lewe het hulle al meer sakke sout saam opgeëet as baie ander egpare in ’n leeftyd. “Kyk, as ek met myself getroud was, het ek myself lankal geskei,” laat hoor Denver Vraagom. Maar agter die akteur se lighartige woorde skuil ’n hartseer waarheid: Sy jare lange stryd teen alkoholisme het al groot druk op sy huwelik en gesinslewe geplaas. En dít terwyl sy vrou, die aktrise Ingrid Paulus, reeds haar hande vol gehad het as die ma van ’n dogter op die outismespektrum. Daarby het sy lank in stilte die skerp kritiek verduur wat haar dikwels as 7de Laan se Vanessa Meintjies aanlyn toegeslinger is. Maar nou is daardie donker dae iets van die verlede. Nie net het Ingrid verlede jaar die aanlyn boelies op hul plek…

6 min
laaste rus – op sý manier

IN DIE dae ná haar man se dood is sy dikwels as stoïsyns beskryf. Koningin Elizabeth is ’n vrou wat die kuns vervolmaak het om haar emosies in bedwang te hou. Tog het die 95-jarige weduwee se gemoed so vol geskiet tydens die begrafnis van haar wederhelf van 73 jaar dat sy nie anders kon as om ’n traan weg te pink nie. Een troos vir haar is dat sy prins Philip se laaste wens vervul het – vir ’n begrafnis met min fieterjasies, maar met ’n duidelik militêre stempel vir dié eertydse vlootoffisier. Prins Philip het op Vrydag 9 April in die ouderdom van 99 in sy eie bed in Windsorkasteel gesterf – die plek waar hy self sy laaste asem wou uitblaas. “Philip was gereed,” het ’n bron in die koninklike binnekring…