ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Huisgenoot

Huisgenoot 06 May 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
$1.79
$69.94
51 Issues

in this issue

8 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 JIMMY SE NEEFS HET MY BROER VERMOOR Die akteur Kobus Kleynhans se suster, Jeanie Boshoff, vertel Jimmy Abbott was glad nie betrokke nie, maar dat sy dood ou wonde oopgekrap het Ek is baie jammer oor wat met jou broer gebeur het. Maar ek is ook jammer dat Jimmy Abbott se naam nou weer hierby betrek moes word. Hoekom nie net die twee skuldiges by die naam noem nie? ALTA Jeanie, jy moet asseblief weer gaan lees wat met Lot se vrou gebeur het. Moenie omkyk nie. Ons kan niks doen aan dit wat gister gebeur het nie; jy sal dit nooit kan verander of terugkry wat jy verloor het nie. LORRIE Wie van julle is in haar skoene? Wie van julle se kleinboet is vermoor? Moenie haar oordeel nie. Ja, dit het niks met Jimmy te…

6 min
uitgewis, my geheue

DIE afgelope vyf jaar is elke oggend vir hom ’n kykweertoneel oor ’n lewe waarvan hy die besonderhede oor en oor moet leer ken: sy eie. “Jy word wakker en jy voel dat hierdie plek jou eie is, maar jy weet nie regtig wat aangaan nie,” vertel Gerrie Kachelhoffer (47). Maar elke oggend is daar genadiglik ook een konstante ding: die mens wie se naam en gesig hy nie bymekaar kan bring nie. Dan stel sy haarself weer aan hom voor: “Ek is jou vrou…” En sowat ’n uur lank, soos elke oggend sedert die traumatiese misdaadvoorval wat hom sy geheue laat onderdruk, vertel Yvonne Kachelhoffer (48) vir haar huweliksmaat van die afgelope 26 jaar oor homself, sy gesin en sy lewenswêreld. “Ek maak altyd seker ek is voor hom wakker. Sodra hy wakker is,…

6 min
raaisel-dood

DIT was die eerste keer dat sy nie ná werk reguit huis toe is nie. Vir Chariska Kloppers was daar nog altyd net een ding om ná werk te doen, en dit was om haar huis toe te haas na haar drie kleintjies toe. Dan het sy saam met hulle vir aandete aangesit, ’n oog oor hul huiswerk gegooi en hulle met soentjies in die bed gesit. Maar op Vrydagaand 16 April het sy ’n uitsondering gemaak. Dit was toe die grootbaas van die eiendombestuursmaatskappy waar sy nog net drie maande gewerk het almal vir ’n drankie by ’n kuierplek nooi. Sy het nog daardie aand haar ma gebel en gesê sy sal “netnou by die huis wees”. Maar Chariska het nooit weer by die huis gekom nie. En nooit sal sy weer haar…

6 min
nuwe mens ná my diep donkertes

JY WEET nie wat jy het nie – tot jy dit verloor. Dié besef het die afgelope twee jaar op die harde manier tot Francois Toerien deurgedring. “As die lockdown nie gebeur het nie, was ek nie nou hier nie,” sê die akteur, aanbieder, regisseur en skrywer hier aan die voet van die rooi-en-wit vuurtoring in Mouillepunt, Kaapstad. Toe die inperking verlede jaar aanbreek, was hy op die allerlaagste punt – sonder werk, sonder geld, sy gesondheid geknak deur dwelms en sy huwelik aan skerwe. Hy het dit immers self laat verbrokkel toe hy daar ver in Seattle, Amerika, eensaam geraak en gereken het die liefde moet ander paaie met hom loop – weg van die getroude lewe. Maar vandag lyk Francois (48) strate beter as toe ons laas in Maart verlede jaar…

6 min
gesoek: ’n ietsie van my ma

SAAM het hulle gesit en 109 video’s deurgekyk van vroue wat hul beste voetjie voor die kamera voorsit: jong vroue, ouer vroue, geskeide vroue, enkelma’s; vroue uit ’n verskeidenheid agtergronde en omstandighede. En elkeen met een ding gemeen: Hulle soek ’n plekkie in die akteur Neels van Jaarsveld se hart. Eindelik het Neels (41) en sy akteursvriend Henré Pretorius (44) die getal potensiële vryers tot 12 verskraal. En toe… As jy wil weet wat volgende gebeur, moet jy Donderdagaande op kykNET inskakel vir Op my eish! Want in dié program van 13 episodes kyk Neels – wat doeriejare in kykers se harte ingekruip het met sy Met Eisj-brandewynadvertensies – of hy ’n vrou kan opspoor wat in sy hart sal inkruip. Neels soek weer na die liefde, en hy neem kykers saam op die reis. “Neels het…

6 min
‘laat seun se moordenaars boet’

DIT is ’n tydlose toneeltjie hier by die blou huisie in Eldorado Park, suid van Soweto. In die stowwerige voortuin lag en speel ’n groepie kinders, en onder ’n lendelam bakkie dut ’n hond onversteur deur al die vrolikheid. Maar sodra jy die leefvertrek binne gaan, besef jy die vrolikheid buite is in skrille kontras met die hartseer wat die tweeslaapkamerhuis vul. Want ’n kind is te gou uit die hart van die gesin geruk. Die seuntjie op die groot portret teen die afgedopte muur hou jou met sy oë vas, sy mond oop asof hy geluidloos skreeu. Teen ’n ander muur hang ’n portret van ’n leeu met ’n kruis en die wekroep “Justice for Nathaniel”. Op die rusbank kyk Bridget Har-ris ’n lang oomblik swygend na die foto van haar seun…