ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Huisgenoot

Huisgenoot 13 May 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
$1.79
$69.94
51 Issues

in this issue

8 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 HOEKOM SKEI SO BAIE NÁ DIE INPERKING? In Hierdie Lewe van 29 April gesels ’n egskeidingsprokureur, Bertus Preller, oor die rekordgetal egskeidings in die land en wat hy oor huwelike geleer het Dis gewoon ongesond vir paartjies in enige verhouding om maande lank 24/7 in mekaar se gesig vas te kyk. Ons het almal tyd weg van mekaar nodig, al is dit net die paar uur wat ons elke dag by die werk is. ZUBAYDA Ek geniet dit vreeslik om my man by my te hê. Ons is deur die inperking sonder enige rusies en is net liewer vir mekaar. Ek werk van die huis af, manlief werk nou tot eenuur smiddags, en dis heerlik wanneer hy tuiskom. CINDY Moet nou asseblief nie vir covid die skuld gee omdat jou huwelik verbrokkel nie. Dit was…

6 min
reef, altyd ons lieflingkind

HY IS ná sy lang, seer reis hier op aarde binnekort op pad hemel toe. Dit weet sy ouers. En al is hul hart bitter seer, maak die ouers van Reef Carneson, oftewel “Baby Reef ” soos die dapper Johannesburgse vegtertjie destyds aan die wêreld bekend geword het, gereed om hul lieflingkind te groet. Kort voor Huisgenoot se druktyd was die Carneson-gesin in die stad Newcastle upon Tyne in Engeland – waarheen hul-le in Februarie verhuis het in hul soveelste skuif om hul kind (nou 12) te probeer red – besig met die hartverskeurende taak om afskeid te neem van hom. Want die bittere werklikheid is dat sy stryd teen kanker klaarblyklik byna verby is. Uit Engeland vertel sy ma, Lydia, die gesin is gebroke. Sy en haar man, Ryan (albei 41), fokus…

6 min
reisiger sonder stem

MET sy satynstem en romantiese lirieke het hy vir hom ’n plek oopgesing in die ruim harte van liefhebbers van Afrikaanse musiek – veral dié wat met nostalgie terugdink aan wyle Bles Bridges met sy liefdesliedere en arms vol rooi rose Gerrie Pretorius het bekend geword as die sjarmante sanger wat soos sy ontslape held dikwels ook rooi rose uitdeel terwyl hy tussen die gehoor rondloop en Bles se treffers sing. Maar nou het ook Gerrie se sangstem stil geraak – en waarskynlik vir goed. Terwyl ’n motorongeluk Bles in 2000 van sy bewonderaars weggeruk het, het paniekaanvalle ’n einde gemaak aan die musiekloopbaan van die gewilde donkerkopaanbieder van die kykNET-reeks Leef jou reis. “Dit was so drie jaar terug dat ek my selfvertroue op die verhoog verloor het,” erken hy vandag. “Ek…

6 min
vermink weens ’n muishond

SY HET nie ’n ophef daarvan gemaak toe haar vriend se mak muishond haar daardie dag in 2017 aan die vinger byt nie. Maar min het sy toe geweet dit sou haar eindelik sonder arms en bene en met ’n geskende gesig laat. “Ek het die wond skoongemaak en dit was dit,” vertel Shan Visser (37) vandag. Terug by haar eie blyplek in die Baai – waar sy tydelik gewoon het om ’n nuwe tak te open vir die vervoeronderneming waarvoor sy gewerk het – het sy niksvermoedend met haar lewe aangegaan. Maar twee dae later het haar hel onverwags begin. “Ek het begin naar voel. Ek het opgegooi en my bewussyn in die badkamer verloor. My baas het my na die St. George’s-hospitaal geneem. My hande en voete het soos vuur gebrand,”…

6 min
‘doodgewone jo’ ná my jaar sonder rigting

OP DIE oog af is hy weer die ou Jo Black soos jy hom geken het voor hy ’n jaar gelede sy welige baard gegroet het. Tóé was sy skoongeskeerde gesig die simbool van hoe die pandemie hom gestroop het van alles wat hom na liggaam en siel voed. Omdat Jo (39) vir lang maande nie kon werk nie, was hy en sy gesin in ’n geldelike oorlewingstryd. Ergste van alles: Hy het homself verloor. Maar die Jo wat vandag voor jou sit, spog weer met daardie kenmerkende baard wat soos ’n triomfantelike banier oor sy bors hang. Die rustigheid is terug in sy bruin oë, en dis dieselfde warm, diep rasperstem wat jou so bekoor. Die skyn kan egter bedrieg. Want al is Jo se lewe ooglopend weer op koers, is die…

6 min
beau, ons onthou …

HY HET destyds ’n generasie vermaak as die fotoboekieheld Beau die Ontembare. En as die sogenaamde Kaalbaskoning het hy jou óf aanstoot gegee óf guitig laat giggel. Die nudis Beau Brummell, wie se doopnaam Michael Bush was, het volgens sy eie reëls geleef, en met sy heengaan ’n jaar gelede is ons ’n kleurryke stukkie volksbesit ontneem. Die Sondagkoerante is ’n bietjie valer … Maar hier in hul huis op Bronkhorstspruit, waar sy vrou, Cecilia (74), steeds woon, is alles net soos verlede jaar toe hy op 77 aan ’n hartaanval dood is. Hy was weens die inperkingsmaatreëls alleen in die hospitaal toe hy gesterf het, maar nou, maande later, voel dit by sy huis asof hy hier tussen sy mense is. Asof Beau enige oomblik by die deur kan instap, so…