ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Huisgenoot

Huisgenoot 20 May 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
$1.79
$69.94
51 Issues

in this issue

8 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ALVIN BRUINDERS KRY GEWIGSKOK Die aanbieder van Konings van kitskos op VIA het lank lekker gesmul, maar nadat hy die skaal by 150 kg laat trek het, het hy oorlog teen vet verklaar Ek het altyd gewonder hoe en waarom Alvin soveel gewig aangesit het, want hy is mos ’n TV-ster. Sterkte met die nuwe verslankingsproses. Jy moet asseblief “lead by example”, want ons jong mense sien op na julle. ZANALEE Baie sterkte aan jou, Alvin. Dis beslis nie ’n maklike pad nie. Ek het sedert November 32 kg afgeskud. Moeilike, donker en honger dae wag. Kry jou ingesteldheid en jou fokus reg, en dan sal jy dit kan doen. ANDRÉ Ai, wanneer ’n mens eers oorgewig is, bly dit terugkom, al probeer jy wat. Die 1% wat dit regkry om permanent te verslank en…

12 min
eindelik, op pad… die baba waarop ek al so lank wag

‘JY DINK DIE PROSES SAL JOU ’N 100%-KANS GEE, MAAR DIT IS ’N BAIE WREDE ONTNUGTERING WANNEER JY VOOR DAARDIE DOKTERS SIT EN HULLE DIE STATISTIEKE BEGIN NOEM’ AS JONGER aktrise het sy dikwels snags gedroom sy word ma. Duidelike beelde van hoe sy haar baba borsvoed en troos het dan in die middernagtelike ure voor haar afgespeel. Wanneer sy daarna wakker geword het met die besef dat dit net ’n droom was, het dit haar dae geneem om die teleurstelling te verwerk. Al het soveel ander drome deur die jare vir Therese Bam waar geword, het haar grootste begeerte onvervuld gebly, en haar arms leeg. Maar nou – ná vyf rondes vrugbaarheidsbehandeling wat ook baie trane en teleurstellings meegebring het – verwag sy eindelik op 44 haar eersteling. Therese en haar man, Christiaan…

6 min
’n bitter beker

JARE lank was sy getrou aan die sy van haar dominee-man. Genevieve* het haar destydse werk laat vaar en alles gedoen wat van die dominee se vrou verwag sou word. Sy was betrokke by die gemeente se vrouekomitee, sy het bidure gelei en sy het ingespring met Sondagskool en geldinsamelingsprojekte. Ook tuis het sy die fort gehou. Sy het die kinders versorg, en wanneer haar man ná ’n lang dag ná sy huisbesoeke aan gemeentelede by die huis kom, het sy hom met ’n bord kos en beker koffie ingewag. Maar Genevieve het haarself nooit as “Mevrou Dominee” beskou nie, en dié rol was nie altyd vir haar maklik nie. “As die dominee se vrou is jy altyd onder die vergrootglas. Is jou rok te kort, rol die oë. Hulle weet hoeveel slukke…

6 min
niks kry(t) my onder nie

DEUR die jare moes hy al vele harde houe op die ken vat. Ja, hy weet hoe dit voel om op die krytvloer te beland – maar ook wat dit verg om weer op te staan en terug te veg. Want hy hét, sê hy. Hy het teruggeveg ná die besering wat ’n einde aan sy roemryke rugbyloopbaan gemaak het; sy seer egskeiding; sy stryd teen verslawing en depressie. En die Derick Hougaard wat jy vandag voor jou sien – die een met sy kortgeknipte donker hare, welige baard en leniger lyf in oefendrag – herinner weer byna aan die Springbokheld van ouds. Maar dis veral die vonkel in sy oog wat jou opval. “Ek voel die eerste keer in jare of ek weer ’n doel het om voor te lewe,” verduidelik hy.…

5 min
‘vat so, jou verneuker!’

WANNEER jy van die Zondo-kommissie hoor, dink jy aan ’n waardige staatsinstelling waar mense oor belangrike en ingewikkelde kwessies soos tenderbedrog en staatskaping gesels. Maar die afgelope ruk het daar in dié kommissie se verhore ’n sepie afgespeel wat ’n mens eerder aan The Bold and the Beautiful laat dink. ’n Minister se stylvolle vrou wat haar man – ’n berugte pierewaaier – se streke die een ná die ander onthul. Stories oor kontant wat in ’n kluis weggesteek is en luukse vakansies wat deur korrupte sakelui gefinansier word. Dít alles het ontvou nadat Norma Mngoma, die vervreemde vrou van oudmin. Malusi Gigaba, onlangs in die getuiebank beland het. Gigaba is een van die land se prominentste politici en het al in die verlede die uitsoekposte van minister van finansies en minister van…

6 min
weer soos ’n kind

TEN spyte daarvan dat sy deesdae byna soos ’n ander mens is, kan jy nog die tekens sien van wie sy voorheen was. Al kan sy nie meer werk nie, herinner haar keurige grimering en die silwer blinkers op haar geelgrys trui aan die suksesvolle loopbaan as skoonheidsterapeut wat sy eens gehad het. Al staan daar ’n rolstoel langs haar waarmee sy deesdae oor die weg moet kom, kan ’n mens uit haar ouers se stories aflei dat sy eens ’n sosiale mens was wat graag uitgegaan en gekuier het. Maar vir Adèle Roode is die dae van werk en kuier nou verby. Daardie lewe lê verongeluk op die snelweg anderkant die Boland se Hugenotetonnel en Du Toitskloofberge, waar ’n motorfietsongeluk Adèle haar ou lewe ontneem het. Hofstukke ná die tyd het dit…