ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Huisgenoot

Huisgenoot 27 May 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
$1.79
$69.94
51 Issues

in this issue

7 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘MOEDERSDAG IN DIE HOSPITAAL’ Estelle van Niekerk se seuntjie, Ayden, is in die hoësorgeenheid opgeneem nadat hy aan ’n stuk “tandsny-biltong” verstik het Iets wat in die keel vassit, is lewensgevaarlik vir oud en jonk. My pa, wat Parkinson se siekte het, het ’n stukkie vleis in sy keel gekry. Hy was ook in ’n koma en het by die dood omgedraai. CECILIE Ek sny al my kind se kos op, van druiwe en malvalekkers tot sy vleis. Ek kap sy harde lekkers, ook biltong, stukkend. Hy het my byna ’n hartaanval gegee toe hy aan ’n stukkie wortel verstik het. WANDIE My ma het gesterf toe sy aan ’n stukkie brood verstik het. Ek was vier jaar oud. Nou is ek obsessief oor kinders wat aan kos kan verstik. Dit is al 50 jaar…

14 min
die bebloede gastekamer en opgekapte lyk

SY KLEM die selfoon in haar hande vas asof sy met pure wilskrag die stomme handstuk met ’n boodskap van hoop kan laat biep. Maar niks benewens haar papegaai se geselsies verbreek die doodse stilte hier in die eenvoudige Brakpanse huis nie. In haar hart weet die verpletterde Ria van Deventer (59) dat sy nooit weer ’n vrolike teksboodskap of oproep van haar vermoorde dogter sal kry nie. Maar die soveelste keer lees sy daardie laaste WhatsApp-gesprek tussen haar en Yolandi Botes (35) asof dit die raaisel van haar dogter se laaste ure sal oplos. Op 26 April, kort nadat Yolandi laat weet het sy het op Johannesburg se O.R. Tambo-lughawe geland op ’n vlug van George af, het sy spoorloos verdwyn. Net meer as ’n week later, op 4 Mei, doen ’n pa…

7 min
sa se eie chuck norris

'NMENS sien die intense konsentrasie op die gesig van die man agter die stuurwiel. Hy lyk strak maar kalm. Dan, voor jy sien hoe die gepantserde ruitglas langs sy gesig bars, hoor jy die geluid van outomatiese geweervuur: Bap-bap-bapbap… !“F*k jou,” swets die bestuurder op die skieter terwyl die oë van sy gewapende passasier ál groter rek. So begin die ysingwekkende video van ’n mislukte transitorooftog op die N4-snelweg in Pretoria wat die wêreld aan die gons het oor Leo Prinsloo (52), ’n voormalige lid van die polisie se taakmag. Die volgende paar minute wys die transitovoertuig se kajuitkamera hoe Leo sy gepantserde Land Cruiser-bakkie gebruik om die aanvallers se voertuie van die pad te probeer dwing. Die rowers trek hul dubbelkajuitbakkie dwars oor die pad. Een klim uit met ’n…

7 min
ek moes vroue teen my ma waarsku

SY WOU altyd nes haar ma wees: ’n engel wat ander vroue deur hul magiesste oomblikke begelei. Toe val die skille van haar oë af, en eensklaps is hulle van mekaar vervreem en haar lewe ’n hel. Die afgelope jaar is sy al in hegtenis geneem, as ’n leuenaar uitgekryt en haar reputasie vernietig. En dít net omdat sy die waarheid oor haar ma praat, sê Estuné Maritz (21). Sy is die dogter van Yolande Maritz, wat haarself al as die “beste vroedvrou in Pretoria” beskryf het. In November verlede jaar in Huisgenoot het talle ma’s bewerings gemaak oor traumatiese bevallings by Yolande se You & Me-vroedvroupraktyk in Murrayfield. In die afgelope vyf jaar is verskeie babas glo dood of gestremd gelaat nadat Yolande hulle moes help om die lewe in te…

6 min
trauma as ’n fish

HY HET in die openbare oog grootgeword as die oudste seun van een van ons bekendste destydse glanspare: ’n Suid-Afrikaanse sokkerlegende en sy sosialevlinder-vrou wat die glanslewe versinnebeeld het. As seuntjie was Luke Fish ’n engelgesiggie, die onskuld self met sy deurmekaar hare en kinderglimlaggie. Maar in die jong man wat vandag voor jou sit, herken ’n mens skaars die mens wat die Bafana Bafana-sokkerspeler Mark Fish en sy eerste vrou, Loui, se seun eens was. Hy het ’n ring in sy neus, ’n sigaret in die hand, ’n lapkep op sy kop en tatoeëermerke links en regs op sy arms, hande en borskas. So drasties is sy metamorfose dat hy homself nie eens meer Luke Fish noem nie. Hy het homself herskep en staan nou as Seth Omen bekend. Die 23-jarige vertel hy…

6 min
bring ’n slag jou kant, ma

DIS nie iemand wat jy sommer in die hof wil aanvat nie: Gayaat Salie-Hlophe, die regter wat die opspraakwekkende Jason Rohde-moordsaak aangehoor het. Boonop is sy getroud met die ewe bekende John Hlophe, die omstrede Wes-Kaapse regterpresident van die hooggeregshof in Kaapstad. Maar dié swaargewigregspan skrik Zara Samuels (19) allermins af. Sy is Gayaat se dogter – en sy sleep haar regter-ma hof toe vir onderhoud. Sy beweer haar ma het haar uit die huis geskop toe sy in matriek was en dat sy sedertdien weier om haar te onderhou. Maar Gayaat voer by monde van haar regsverteenwoordiger, Anel Bestbier, aan haar dogter het sélf besluit om die huis te verlaat. Die tiener is nou ’n eerstejaarstudent in sielkunde aan die Universiteit van Kaapstad, maar haar ma dra na bewering nie by…