ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Huisgenoot

Huisgenoot 03 Jun 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
$1.79
$69.94
51 Issues

in this issue

8 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 IS DIT VERBY VIR ‘SUIDOOSTER’ SE PAARTJIE? In dié sepie het Kaashifa (Jawaahier Petersen) onlangs met Imraan (Marlo Minnaar) afgehaak, maar sy jaloesie en besitlikheid voorspel moeilikheid Asseblief, los hom dadelik. Hy irriteer my só met sy maniere. Sy is ’n stunning vrou, van binne en buite, en sit haarself laaste en ander mense eerste. Sy sit tot ’n glimlag op haar gesig nadat Imraan so lelik met haar was. ROCHELLE Ek hoop nie dis die einde nie. Hulle is oulik saam. Hoekom Suidooster sy rol so lelik gemaak het, sal net hulle weet. Maak hulle ’n gelukkige paartjie. Daar’s nie een paartjie wat gelukkig is nie behalwe AB en sy Mymoena. MARINDA Ek is gek oor Suidooster. Maar eers was dit Farah wat AB en Mymoena se huwelik laat verbrokkel het, en nou Kaashifa.…

12 min
my ma: bietjie vir bietjie weg

SY WAS nog altyd bekend as die borrelende sangeres met die vonkelende oë en bos blonde lokke wat getuig van haar lewenslustige energie. Optimisties en gelukkig; onstuitbaar vrolik. Maar vandag is haar binneste so grou soos die triestige weer en rustelose see hier aan die Dolfynkus van KwaZulu-Natal, en die hartseer slaan kort-kort in haar bekende stem deur. Dis ses weke sedert Patricia Lewis se ma oorlede is, maar sy sukkel steeds om te aanvaar dat haar steunpilaar en beste vriendin vir ewig weg is. Linda Lewis, eens vir háár ’n bron van krag, is in die ouderdom van 79 oorlede. ‘AL WAS HAAR DOOD VREEDSAAM, BLOEI MY HART NOG ELKE DAG’ Vandag, nadat sy jare lank op versoek van haar ma verseg het om met Huisgenoot oor haar ma se diagnose te praat,…

7 min
alles vir my dogters

WATTER gruwelike lot die ma van drie gehad het voor haar opgekapte liggaam in die Vaalrivier gestort is, bly ’n raaisel. En net so dramaties soos Yolandi Botes se dood was haar roudiens. In die kapel in Brakpan klou haar ma, Ria van Deventer, gebukkend aan die swaar geelhoutkis vas. Voor ’n groot, geraamde foto van Yolandi snik twee jong halfsussies – die oudste van haar drie dogters. Later brul meer as 100 motorfietse buite in ’n erewag – ’n laaste, lawaaierige groet. Huisgenoot kon nie die roudiens bywoon nie, maar kon wel na ’n regstreekse uitsending van die diens kyk. Weens die covid-inperking is slegs nabye familielede in die kapel toegelaat. Onder die klein groepie rouklaers in die kapel is een man wat geen emosie toon nie: Donovan*, Yolandi se eksman en die…

6 min
ons lewe vernietig

DIS soos ’n klassieke cold case in ’n forensiese misdaadriller met die een kinkel ná die ander: die dubbele ontvoering en moord van ’n Gautengse vrouesjef; ’n verdoemende brief onder ’n mat 12 jaar later; stukkies verbleikte mensbeendere; twee polisiebroers wat 17 jaar ná die moord tronkstraf kry… En vandag, ’n volle 22 jaar ná die gewelddadige dood van Thandiwe Betty Ketani in 1999, is die drama steeds nie uitgespeel nie. Die broers David en Carel Ranger – twee van ses veroordeeldes in die saak – se skuldigbevinding aan ontvoering en strafbare manslag is in 2019 deur ’n volbank appèlregters omgekeer. Maar nie voor albei agt jaar agter tralies was nie – volgens hulle sonder dat hulle skuldig was aan die misdaad. Hulle is só getraumatiseer nadat hulle tussen geharde misdadigers opgesluit…

5 min
goue oudag vir onse mimi

WANNEER die laaste verjaardag van haar 80’s binnekort aanbreek, sal die mylpaal behoorlik gevier word. Dit sal ’n klein en intieme geleentheid wees met net ’n handjievol gaste, vertel haar dogter, met “ietsie om te eet en ’n vonkelwyntjie om te drink”. Sy wat Mia de Klerk (46) is, reël self haar ma se 89ste verjaardagpartytjie op 12 Junie, en sy wil sorg dat dit spesiaal is. Ja, val Suid-Afrika se beroemdste sopraan, Mimi Coertse, haar dogter in die rede. As daar ’n rede is om fees te vier, moet dit gedoen word. Verlede jaar was dit immers ’n ander storie. Toe kon Mimi niemand na ’n onthaal in haar groot grasdakhuis in Pretoria nooi nie. Tydens haar roemryke sangloopbaan was arms vol blomme en die beste sjampanje deel van haar glansryke lewe. Maar op…

6 min
grillerige bill

HY LYK nog altyd soos ’n tipiese bleeksiel. Ordentlik, goedgemanierd en selfs ’n bietjie vervelig. Maar nou – nadat sy huwelik van 27 jaar op die rotse geloop het – lyk dit of die geraamtes dalk uit Bill Gates se kas begin loer. Dit blyk vaal ou Bill (65) het moontlik heeltyd ’n dwalende oog gehad, en ook ’n paar twyfelagtige vriendskappe. Toe Bill en sy vrou, Melinda (56), ’n paar weke gelede aangekondig het hulle gaan skei, het die twee gesê hul huwelik het “onherstelbaar verbrokkel”, en noudat hulle kinders groot is, het hulle nie veel meer gemeen nie – op die oog af ’n heel tipiese rede vir ’n egskeiding. Maar die stof het nie gaan lê nie, en nou moet Bill bontstaan nadat ’n rits gerugte na vore gekom het. In ’n…