ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Huisgenoot

Huisgenoot 10 Jun 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
$1.79
$69.94
51 Issues

in this issue

8 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘EK KAN NIE GLO IEMAND KON DIT AAN MY KIND DOEN NIE’ Yolandi Botes se ma, Ria, worstel nog met talle vrae nadat haar dogter vermoor, haar liggaam in stukke gekap en in die Vaalrivier gegooi is Baie sterkte, liefste tannie. Ek besef daar is nie woorde om hierdie vreeslike hartseer weg te vat of beter te maak nie. Weet net een ding is verseker: Jesus is elke sekonde by jou en is lief vir jou. KOBIE Dit breek ’n mens se hart. Om so vermoor en dan geslag te word … Dit maak nie saak wie jy is nie: Niemand verdien dit om met so ’n gebrek aan respek deur iemand anders behandel te word nie. ANNAMARIE Ons is saam met Ria ontsteld en hartseer. Hoe kan ’n mens berusting kry oor iets so…

11 min
weggeruk, ons vriend

OP DIE stel van Binnelanders het dikwels trane gevloei wanneer ’n karakter worstel om verlies te verwerk. Maar op Woensdagoggend 26 Mei was die hartseer tonele wat in die ateljee afgespeel het ánders – en baie rouer. Hierdie keer was die groepie akteurs se smart werklik. Geen draaiboek kon hulle voorberei op die tyding dat hul medeakteur Ben Kruger die oggend in sy huis in Brooklyn, Pretoria, weens covid-19 gesterf het nie. Hy was 64 jaar oud – nog ’n geliefde wat weggeruk is deur die pandemie. Met die skielike dood van die veteraan wat die rol van die gewilde oom Okkie Ferreira in die kykNET-sepie vertolk het, is kykers én sy kollegas in rou gedompel. Vir Hannelie Warren, wat TV-kykers as tannie Ilse Ferreira leer ken het, was Ben meer as net haar…

7 min
dankbaar vir ons inentings

ONDER die groep mense wat hul weg vanoggend na die gemeenskapsentrum vind, is talle bejaardes. Sommige word in rolstoele nader gestoot; ander stap met behulp van ’n kierie. Die stroom mense raak nie minder nie; steeds kom enigiets van spogmotors tot skedonke aangery om mense hier na Munsieville in Krugersdorp te bring. Almal is ouer as 60, en almal is hier met een doel: om eindelik hul langverwagte inenting teen covid-19 te kry. Maar ten spyte van die erns van die saak wat hulle hierheen bring, glimlag die oë wat bo die gesigmaskers uitsteek. Trouens, hier heers ’n gevoel van gedempte afwagting en vrolike verligting. Want baie van die besoekers is reeds in hul later jare en het in die afgelope jaar selde buite gekom of is vir lang tye van vriende en familie…

10 min
die geheim van ons spel

DEUR die jare het dit ’n hoogtepunt van hul gesin se jaarlikse kalender geword. Hulle spring op ’n vliegtuig en laat die beskawing agter om hulle ’n paar maande lank in ’n tropiese paradys met suikerwit strande, wuiwende palmbome en kristalhelder water te vestig. Daar snorkel, swem en sonbaai Nico (47) en Christi Panagio (43) saam met hul dogters, Evah (10) en Shay (8), soms tot twee maande lank. En wat stel dié gesin in staat om so lank en uitspattig vakansie te hou? Wel, vir Nico is dit eintlik allermins vakansie, want tussen alles deur werk hy so hard dat die biesies bewe en moet hy tyd afknyp om saam met sy gesin te baljaar. Sy dae is lank, maar al moet hy voor die kameras bontstaan, sorg hy dat hy ook…

6 min
sweef soos ’n meermin

SY TOL en swaai deur die lug, haar gesig die ene genot terwyl die wind deur haar lang blonde lokke dans en haar helderblou-en-pers visstert sierlik agternasweef. Jy kan maar sê Candice Baker is so tuis op die hoepel waarop sy rondswaai en toertjies uitvoer as ’n meermin in die water. En die ma van twee van Benoni lyk dan ook pure meermin – kompleet met die lang stert wat styf om haar onderlyf span. “Daar is net iets bevrydends daaraan. Elke keer wanneer ek my stert aantrek, voel ek bemagtig. Ek voel mooi,” verduidelik sy haar passie vir die lewe as ’n magiese wese. Maar selfs vir ’n meermin is die water op ’n koel dag in die Hoëveldse winter hopeloos te koud om in in te duik in die swembad wat hier…

6 min
‘ ’n rustige draffie’

DIE blonde atleet hardloop met ’n elegante en skynbaar moeitelose ritme. Daar’s al 28 km verby, maar Irvette van Zyl se hartklop en asemhaling is egalig en ongejaagd. As toeskouer sou jy jou beswaarlik kon indink watter moeilike jaar sy agter die rug het, want vandag hardloop sy vry en onbevange – asof sy al die emosionele en fisieke swaarkry van die vorige seisoen wil agterlaat. Ná 30 km val dit Irvette (33) by sy kan eintlik nou aftrek. Sy is immers nie vandag hier in die Baai om die moordende 50 km-marathon te wen of selfs te voltooi nie. Maar sy voel nog so sterk … Dan maar aanstoot, dink sy. By die 34 km-merk sien sy haar afrigter, Nick Bester, langs die pad staan. “Ek het vir hom ’n teken gewys…