EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Crafts
IdeasIdeas

Ideas May/June 2018

Ideas is all about MAKING your world more beautiful. Packed with creative inspiration, fresh ideas, easy projects and step-by-step instructions, this magazine is the go-to guide for crafters, stitchcrafters, makers, cooks and DIY home decorators.

Country:
South Africa
Language:
English
Publisher:
Idees Fabriek
Read Morekeyboard_arrow_down

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
van die redakteur

Sommige maande is net wilder as ander en hierdie was een van hulle. In ’n roesemoes van jaareinde-belasting, reisreëlings, partytjiebeplanning en hierdie uitgawe wat moet drukkers toe, het die nuus dat ons e-pos vir ’n hele dag af gaan wees, my laat voel asof ek in ’n bus sonder remme by ’n afdraandpad afstorm. Geen beheer nie. Totdat ek diep asemgehaal en besef het hierdie onderbreking is presies waarvoor ek gewag het – ’n oomblik van stilte in die storm. En in die kosbare ure sonder e-posse wat inkom en beantwoord moet word, het ek meer uitgerig gekry as in die voorafgaande twee weke. Ek kon skryf met volle fokus, liasseer, regpak en elke item op my aftiklysie sistematies takel en afhandel. Die goed wat gestuur moes word, was almal gereed…

access_time2 min.
van die redakteur

Sommige maande is net wilder as ander en hierdie was een van hulle. In ’n roesemoes van jaareinde-belasting, reisreëlings, partytjiebeplanning en hierdie uitgawe wat moet drukkers toe, het die nuus dat ons e-pos vir ’n hele dag af gaan wees, my laat voel asof ek in ’n bus sonder remme by ’n afdraandpad afstorm. Geen beheer nie. Totdat ek diep asemgehaal en besef het hierdie onderbreking is presies waarvoor ek gewag het – ’n oomblik van stilte in die storm. En in die kosbare ure sonder e-posse wat inkom en beantwoord moet word, het ek meer uitgerig gekry as in die voorafgaande twee weke. Ek kon skryf met volle fokus, liasseer, regpak en elke item op my aftiklysie sistematies takel en afhandel. Die goed wat gestuur moes word, was almal gereed…

access_time5 min.
teken dít aan

creativecalendarideas@gmail.com Mei 1 Mei Werkersdag 13 Mei Moedersdag GAUTENG 24 April-5 Mei Die Suid-Oos-geskenkmark word by die Nederduitsch Hervormde kerk in Witbank aangebied. Handwerk, kuns, dekor, kos en drinkgoed is te koop. Soek ‘Geskenke Mark’ op Facebook vir meer inligting, of bel 082 512 9849. 25-29 April Wêreldklas mooigoed, alles met die hand gemaak, wag by Kamers/Makers wat tussen 9 vm. en 5 nm. by St David’s Marist in Sandton gehou word. Besoek kamersvol.com. 26 April-1 Mei en 4-6 Mei Gee jou oor aan die kos en kultuur van Portugal by die Lusito Land Festival in Alewynspoort – volksdanse, vermaak en heerlike kos is op die spyskaart. Meer inligting: lusitoassocation.org.za. 27-29 April Die Protea Cullifest vind plaas in Zonderwaterweg, Cullinan, ’n klipgooi buite Pretoria. Koop proteas, loer in by die magdom stalletjies, of gee jou oor aan die groot verskeidenheid kos, wyn,…

access_time1 min.
pluk, oes, koop en kook in seisoen

Kruie: Grasuie, knoffelgrasuie, lourierblare, marjolein, ment, origanum, pietersielie, roket, roosmaryn, sitroengras, tiemie, vinkel. Groente: Aartappels, artisjokke, aspersies, beet, blaarslaai, blomkool, broccoli, brusselse spruite, ertjies, groenbone, jerusalemartisjokke, komkommers, kool, krulkool, lemoenpampoentjies, murgpampoentjies, pampoen, patats, preie, radyse, rape, sampioene, soetrissies, spinasie, tamaties, uie, witwortels, wortels. Vrugte: Appelliefies, appels, avokado’s, koejawels, lemmetjies, nartjies, papajas, pere, piesangs, pomelo’s, pynappels, suurlemoene. Blomme: Affodille, angeliere, aronskelke, asters, barbertonse madeliefies, goueroede, gousblomme, Ierse klokkies, inkalelies, irisse, kangaroepote, konfettiblomme, kreefkloue, krisante, leeubekkies, nerinas, Oosterse lelies, orgideë, papierblomme, pronkertjies, pronkridderspore, (sekere) protea-en fynbosspesies (insluitend speldekussings, heide en erikas), ridderspore, rose, seehuls, sintjanskruid, sintjosefslelies, soetemaling, sonneblomme, strelitzias, tjienkerientjees, tulpe, veronicas, vilette.…

access_time4 min.
op jou leeslys vir mei/junie

(diana@ideasfactory.co.za) Handwerk & leefstyl Flower loom blooms -Haafner Linssen (Penguin Random House, R200) Dié boek leer jou hoe om afvalstukke hekelgare en wol in fabelagtige blommeversierings te verander wat jy op ’n magdom verskillende maniere kan gebruik. Blommeweefkuns – ook bekend as flower looming – is eenvoudig, vinnig en pret. Die boek bevat nie net gedetailleerde stappe om 30 soorte blomme te maak nie, maar ook tabelle en groot foto’s. Die blomme kan direk van die weefraam af gebruik word, of jy ka How to be a craftivist -Sarah Corbett (Unbound, R320) Dié boek word as ’n ‘manifes vir stille aktivisme’ beskryf: hoe om die ‘maak’-proses te gebruik om diepsinnig met kwessies om te gaan sodat jy dit positief kan verander, sonder ’n geraas of aggressie. Tussendeur stories oor ‘goeie sake’ met ’n positiewe uitkoms is daar…

access_time1 min.
redakteur se keuse

Educated-Tara Westover (Hutchinson, R320) Tara Westover word groot in ’n sogenaamde ‘eindtydgesin’ in Idaho wat hulle gereed maak vir die Oordeelsdag. Haar geboorte is nooit geregistreer nie, sy het geen skoolrekords omdat sy nog nooit haar voet in ’n skoolklaskamer gesit het nie, en van mediese rekords is daar geen sprake nie omdat haar pa teen dokters en hospitale gekant is. Vir alle praktiese doeleindes bestaan Tara nie vir die federale regering of dié van Idaho nie. Namate sy ouer word, raak haar pa ál meer radikaal en haar ouer broer al hoe meer gewelddadig. Op 16 besluit Tara om haarself op te voed. Haar dors na kennis voer haar ver weg van haar grootwordplek in die berge na Harvard en ’n Ph.D.-graad aan Cambridge. Eers dán begin sy wonder of…

help