EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Business & Finance
Finweek - AfrikaansFinweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans 12 September 2019

Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante inligting in vinnig verteerbare porsies, met bekroonde beleggingsadvies as die nagereg.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
₹ 118.20
SUBSCRIBE
₹ 2,504.45
25 Issues

IN THIS ISSUE

2 min.
die redakteur sê

op ’n normale nuusdag sou Statistiek SA se data oor die herstel van 3,1% in die BBP in die tweede kwartaal die hoofopskrifte gehaal het. Maar op die oomblik voel niks normaal nie. Hier in Johannesburg het die lente se koms anders as in ander jare gelyk en geruik toe gewelddadige en dodelike opstande rook uit geboue in die middestad laat borrel het. Geweld en wetteloosheid, en durf ons sê haat, het hoogty gevier in die strate en op die voorblaaie van koerante. Dit voel tans heeltemal verkeerd om enige iets te wil vier, allermins ’n syfer waarby min mense in die land waarskynlik aansluiting kan vind. Al was die herstel heelwat beter as die ruweg 2,5% wat talle peilings voorspel het, wys verskeie waarnemers per slot van rekening daarop dat die herstel…

1 min.
finweek - afrikaans

REDAKSIONEEL & VERKOPE Redakteur Anneli Groenewald Besturende redakteur Jana Jacobs Medewerkers Justin Brown, Simon Brown, Lucas de Lange, Johan Fourie, Moxima Gama, Marcia Klein, Glenneis Kriel, Schalk Louw, David McKay, Timothy Rangongo, Peet Serfontein, Melusi Tshabalala, Amanda Visser, Glenda Williams Subredakteur Maarten Roos Redaksionele assistent Thato Marolen Uitleg David Kyslinger, Beku Mbotoli Advertensieverkope Paul Goddard 082 650 9231/paul@fivetwelve.co.za Clive Kotze 082 335 4957/clive@mediamatic.co.za Tanya Finch 082 961 9429/tanya@fivetwelve.co.za Uitgewer Sandra Ladas sandra.ladas@newmedia.co.za Hoofbestuurder Dev Naidoo Produksie Angela Silver angela.silver@newmedia.co.za Besoek ons by: @finweek finweek finweekmagazine…

5 min.
die reëls wat miljoene arm hou

die fokus op die verligting van armoede in Suid-Afrika is op die post-apartheidsera. Dis te verstane. Maar soms is ’n langtermynsiening beter. Die belangrikste bydrae tot die literatuur oor ekonomiese groei in die afgelope twee dekades is dat instellings saak maak. Sosiaal-wetenskaplikes beweer natuurlikal lankdat die vryheid wat met demokrasie, eiendomsreg, die oppergesag van die reg en ’n vrye pers gepaard gaan van kritieke belang is virdie sukses van ’n markgemeenskap. Maar hierdie idees kon eers betreklik onlangs met die ontdekking van nuwe databronne en die ontwikkeling van nuwe metodes empiries getoets word. Daron Acemoglu, Simon Johnson en James Robinson sê in Reversal of Fortune: Geography and Institutions in the making of the Modern World Income Distribution dat die soort instellings wat deurdie Europeërs gestig is toe hulle groot dele van die…

1 min.
kortliks

“PARLEMENT IS OP DIE NIPPERTJIE OM ENIGE OOR-EENKOMS WAT ONS BEREIK, TE BEDERF.” − Die eerste minister van Brittanje, Boris Johnson, aan kritici nadat hy ’n belangrike stemming in die Britse parlement verloor het. Die Britse wetgewers het teen Johnson gestem om te keer dat hy die land uit die EU neem sonder ’n formele ooreenkoms, berig The New York Times. Wetgewers in die Laerhuis het die voorstel met 328 teen 301 stemme verwerp. Parlementslede sal nou hul stemme moet uitbring oor ’n vertraging van die Brexitwetsontwerp. Volgens BBC.com sal Johnson gedwing word om ’n algemene verkiesing uit te roep indien hy om ’n verlenging van die huidige Brexit-sperdatum van 31 Oktober moet vra. “NIE-INVESTERING IN GESONDHEID, IS DIE DEFINISIE VAN ’N VALSE EKONOMIE” − Eerste vrouepremier van Noorweë en mediese…

3 min.
skewe kyk

VERKOPE TORING UIT 80% Teen ’n moeilike ekonomiese agtergrond het die verkope by EllipseWaterfall, die eerste JSEgenoteerde Attacq-residensiële ontwikkeling inWaterfall City, markverwagtinge oortref. Meer as 80% van fase een, bestaande uit twee elliptiese torings van 272 woonstelle, is reeds verkoop. Verkope beloop tot dusver R550 miljoen en daar is ’n waglys vir die laaste twee torings. Terwyl ’n dakwoonstel R12 miljoen kos, kos die meeste Ellipse-eenhede tussen R1,5 miljoen en R3 miljoen. Bouwerk aan die viertoring-projek van R1,25 miljard, wat in vennootskap met die woningspesialisTricolt ontwikkel is, het in Augustus begin. Dit is in drie fases ontwikkel. Fase een sal teen middel 2021 gereed wees vir besetting. Besetting van toring drie volg nege maande later, met besetting van die finale toring wat in die eerste kwartaal van 2023 verwag word. PYNLIKE STRAF $572 m. Die…

4 min.
maak geld uit sonskyn

abe Cambridge het in 2014, nadat hy besef het hoe nutteloos sonkraginvestering is in ’n land waar die son selde skyn, sy tuisland, Engeland, verlaat om as ’n finansiële sonkragadviseur in Kaapstad te werk. Die gebrek aan sonkragpanele in die stad het hom opgeval. “Ek kon nie verstaan hoekom sonkragtegnologie so sleg aanvaarword in ’n land waar jy die meeste van die tyd ’n sonbril moet dra, elektrisiteitspryse met 10% tot 14% per jaar styg, en sonenergie tot vier keer minder koolstofemissies as steenkool produseer nie,” sê hy. Die redes het duidelikgeword toe hySuid-Afrika se energieomgewing leer ken het: “In die afwesigheid van subsidies, regeringsaansporings en finansieringsoplossings is daar min motivering vir mense om dié kapitaalintensiewe tegnologie te aanvaar. Daarby word elektrisiteit tradisioneel as ’n bedryfskoste beskou, nie as ’n bedrywigheid waarheen…