EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
  • Art & Architecture
  • Boating & Aviation
  • Business & Finance
  • Cars & Motorcycles
  • Celebrity & Gossip
  • Comics & Manga
  • Crafts
  • Culture & Literature
  • Family & Parenting
  • Fashion
  • Food & Wine
  • Health & Fitness
  • Home & Garden
  • Hunting & Fishing
  • Kids & Teens
  • Luxury
  • Men's Lifestyle
  • Movies, TV & Music
  • News & Politics
  • Photography
  • Science
  • Sports
  • Tech & Gaming
  • Travel & Outdoor
  • Women's Lifestyle
  • Adult
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Business & Finance
Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans 26 September 2019

Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante inligting in vinnig verteerbare porsies, met bekroonde beleggingsadvies as die nagereg.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
₹ 118.20
SUBSCRIBE
₹ 2,504.45
25 Issues

IN THIS ISSUE

2 min.
die redakteur sê

om te praat is maklik, soos ons weet. Baie maklik. Ons skuil gerieflik agter woorde. Ons gebruik woorde om slim te klink, of om voor te gee ons het ’n plan om iets reg te stel. In werklikheid kan dit egter bloot leë woorde wees. Regerings doen dit die hele tyd. Maatskappye ook. Dink maar aan terme soos ‘strategiese dinkskrums’ of ‘subkomitees’ wat aan ‘veelvlakkige benaderings’ werk om enige probleem, van misdaad tot finansiële resultate, op te los, maar eintlik net wys dat die leiers nie antwoorde het nie. Om byvoorbeeld te sê jy gaan ’n maatskappy se ondernemingskultuur regstel, is iets heeltemal anders as om dit in werklikheid te doen. Wat is die plan wanneer jy die sogenaamde “sagte” dinge wil “regstel”, soos ’n onderneming se kultuur? Ek het onlangs gesels met…

4 min.
’n teorie oor kinders kry

en van die mees onderwaardeerde feite aangaande die tweede helfte van die 20ste eeu is die wêreldwye afname in vrugbaarheidsyfers. In 1950 het die gemiddelde vrou ongeveer vyf kinders gehad. Vandag is dit minder as 2,5. Die implikasie is dat vroue se vrugbaarheidsyfer vinnig kan daal; dit het 95 jaar in Brittanje geneem virdie vrugbaarheidsyferom van ses tot drie kinders per vrou te daal (van 1815 tot 1910), maar net 20 jaar in Bangladesj (1982 tot 2002). Terloops, Suid-Afrika het 34 jaar nodig gehad (1963 tot 1997). In talle dele van die wêreld is die vrugbaarheidsyfer nou ver benede die vervangingsyfer, wat demografiese uitdagings skep. En nie net in die rykste lande nie. Ja, ryk lande soos Duitsland (vrugbaarheidsyfer van 1,48) en Suid-Korea (1,35) het besonder lae vrugbaarheidsyfers, maar so ook het…

1 min.
finweek - afrikaans

REDAKSIONEEL & VERKOPE Redakteur Anneli Groenewald Besturende redakteur Jana Jacobs Medewerkers Simon Brown, Johan Fourie, Moxima Gama, Mariam Isa, Schalk Louw, David McKay, Maarten Mittner, Timothy Rangongo, Melusi Tshabalala, Amanda Visser, Jaco Visser, Glenda Williams Subredakteur Maarten Roos Redaksionele assistent Thato Marolen Uitleg David Kyslinger, Beku Mbotoli Advertensieverkope Paul Goddard 082 650 9231/paul@fivetwelve.co.za Clive Kotze 082 335 4957/clive@mediamatic.co.za Tanya Finch 082 961 9429/tanya@fivetwelve.co.za Uitgewer Sandra Ladas sandra.ladas@newmedia.co.za Hoofbestuurder Dev Naidoo Produksie Angela Silver angela.silver@newmedia.co.za Besoek ons by: @finweek finweek finweekmagazine…

4 min.
kortliks

“DIT IS DIE KONGRES SE KANS OM AGTER DIE SKERMSTE LOER.” —Paul Gallant, ontleder by Cowen Inc, aangehaal in The Wall Street Journal (WSJ). Hy het kommentaardaarop gelewerdat die Amerikaanse kongres tegnologiemaatskappye, waaronder Facebook, Amazon, Alphabet, Google en Apple, tot 14 Oktober gegee het om dokumente – waaronder bestuurskommunikasie, finansiële state en inligting oor mededingers, markaandeel, samesmeltings en sleutelsakebesluite – in ’n antitrust ondersoek na tegnologiemaatskappye te verskaf, berig die publikasie. Wetgewers eis e-posse en ander rekords van sommige van die bedryf se topbestuurders, soos Jeff Bezos (stigtervan Amazon), Mark Zuckerberg (uitvoerende hoof van Facebook), Tim Cook (uitvoerende hoof van Apple), Larry Page, Sergey Brin en Eric Schmidt (Google se vroeë leiers), in hul soeke na bewyse van teenmededingende optrede. Gallant sê die kongres “sal kan sien wat maatskappybesture privaat gesê…

3 min.
’n tikkie nostalgie?

richard Duffy, uitvoerende hoof van Petra Diamonds hoop dat die Britte se satheid met Brexit sal lei tot betowering met die firma se myn in Cullinan – ’n stowwerige 30 km oos van Pretoria. Dit is die doel van ’n gesamentlike onderneming tussen sy maatskappy en die Britse juwelierswarewinkel Boodles, waar die diamante bemark word as gemyn in Cullinan. Die bedoeling is om die geskiedenis sowel as die hedendaagse voordele verbonde aan Cullinan-diamante uit te beeld. Onthou natuurlik dat ’n enorme Cullinan-diamant van 3 106 karaat in 1905 in afsonderlike juwele geslyp is wat nou tydens vername geleenthede in die kroon van die Britse monarge gedra word. Ydele hoop? Miskien. Maar in die huidige diamantmark help elke bietjie. Duffy, wat in Februarie by Petra begin het, erken dat die diamantmaatskappy ’n baie onsekere paadjie…

3 min.
waarom eskom se steenkool geld verbrand

sê wat jy wil oor potensiële koolstofblootstelling, die belangrikste rede waarom South32 besluit het om sy Suid-Afrikaanse steenkoolmyne, wat in sy 92%-beheerdeSouth African EnergyCoal (SAEC) gehou word, te verkoop, is omdat hulle nie so mededingend was as ander bates in die groep se portefeulje nie. “SAEC sou waarskynlik nie in ons portefeulje om kapitaal meeding nie, gegewe ons kapitaaltoewysingsprogram, en hoe meer ek daaroor dink, is dit waarskynlik die beste rede om te gee,” sê Mike Fraser, bedryfshoof van South32 in ’n onderhoud met finweek. “As dit geleenthede met ’n groot opbrengs was, sou jy die risiko kon dek wat steenkool in die portefeulje veroorsaak: Jy sou koolstofkrediete kon koop om daarvoor te vergoed, of jy kon elders iets anders gedoen het,” sê hy. Die SAEC is nou onderworpe aan ’n eksklusiewe onderhandelingsproses…